top of page

Homecare doneerders & boere

Beta Toets Tydperk

 

Ons is nou in die finale fase van voor bereiding om die projek af te handel.

Ons doelwit is om R4 miljoen se retail spandering bymekaar te maak, sodat die projek se ontwikkelings kostes ten volle vanuit besighede soos Pick n Pay, Spar en die Shoprite groep gedra kan word.

Ons het besluit om mense strategies te vra, wie kontakte in die landbou sektor het om ons te help om boere te nooi.

Die plan is om met boere in die Noord Kaap, Wes en Oos Kaap asook in Pongola en Groblersdal streke te onderhandel dat ons hulle Eskom rekeninge deur die Shoprite groep of Pick n Pay betaal.

Met die plan kan die boere sonder om self finansieel by te dra, 'n groot belang in die sagteware bekom. Die boer se las is vir ons 'n bate...

Software-Testing-1280x720.jpg
Bulk Discount rates:

Shoprite group: (view latest notification)

  • R10 000 to R99 999 = 2%

  • R100 000 to R499 999 = 3%

  • R500 000 to R999 999 = 4%

  • R1 million plus = 5%

Pick n Pay:

  • R10 000 to R99 999 = 2,5%

  • R100 000 to R499 999 = 3,5%

  • R500 000 to R999 999 = 4,5%

  • R1 million plus = 5,5%

Spar:

  • R500 000 to R999 999 = 3%

  • R1 million plus = 5%

Die fooie wat ons op die Bulk discount vanuit die Retail groepe uit genereer, word gebruik om die ontwikkelings kostes te finansier

 

 

Giftcardsmall.jpg
Pick n Pay You-Rock.jpg
spargiftcard.jpg

Ons vertrou dat ons teen einde Mei 2021 die besprekings met boere sal afhandel. Ons verwag dan om teen Oktober 2021 te begin met die proses om die kostes van die boere te help dra.

Ons moet 400 000 fone in die land bestuur om ons onderneming tenoor 'n boer na te kom, dat ons 50% van sy Eskom kostes sal finansier. Fooie sal pro-rata betaal word soos wat ons die netwerk opstel, nadat die Beta toets periode agehandel is.

 

Die besigheidsplan behels dat ons R25 per foon gebruiker vanuit die Retail industrie sal insamel wanneer die Suid Afrikaners hul die foon gebruik en 'n klein persentasie van hul kruideniersware deur die app betaal. Ons allokeer R10 per app in 'n blok in om die Beta toetsers en aandeel houers te finansier. 

 

Aandeel houers sal elke maand 'n verslag kry oor hoeveel fone ons diens. Ons verwag meer as 1 miljoen foon gebruikers, maar ons moet natuurlik daarna toe werk.

 

Sodra ons meer as 400 000 fone ondersteun met privaat sekuriteit hulp, word die R10 van die addisionele fone aan Frail Care pasiënte en landelike beveiliging gespandeer. Daar is dus 'n maksimum vergoeding wat nou al vas gestel word wat ons vir die boere aanbied wie bereid sal wees om saam met ons te werk.

 

Ek sluit ook 2 videos in van ons huidige doneerders, sodat julle kan sien watter tipe mense ons is wat ons bes doen om die land te red, en om in Afrikaans sprekende mense se belange op te tree. 

 

Ons sal elke boer wie bereid sal wees om te help, regtig baie waardeer. Dit maak nie saak hoe groot die Eskom rekening is, en of slegs 'n gedeelte van die Eskom rekening deur die projek betaal word nie... hulp sal opreg waardeer word.

 

Ons sal ook 'n volledige lys van die boere wie saamwerk met almal deel. Julle word aandeel houers in belangrike tegnologie en julle sal vir daardie rede baie goeie kommunikasie van ons af ontvang.

 

Baie dankie vir julle kosbare tyd.

 

Mag God julle beskerm op die plase.

Groete

Pieter van Vuuren

Voorsitter

  

bottom of page