Notable donators

Die 5 mense wat gevra word om saam Everest se peak te klim

Ek wil oor elkeen van julle spesiale mense net iets kortliks skryf... dit sal almal ‘n beter prentjie gee oor hoekom die Here ons gebruik het. Ek weet ook dat Ampie en Kobus mekaar ken. Ankia en Etienne. Ek weet nie of julle vir Danie jen nie. Dit sal net help as julle so bietjie meer van die mense af weet wat ek vra om die laaste pad saam met ons te stap.

 

Ampie De Beer

Ek her vir elkeen respek... bokant wat julle ooit sal verstaan. Ek wil graag net oor Ampie kortliks iets deel.

Ek het nou die aand gebid en toe het ek die Here gevra om my so bietjie leiding te gee. Ek lê al vir aande en wonder of ek met julle moet kommunikeer, hoe moet ek kommunikeer, en dan belangrik, wat moet ek alles deel.

Ek wou weet hoe kan ek vir so ‘n spesiale mens soos Ampie ooit verduidelik hoe 'n belangrike mens hy is. Ek besef toe hoe die Here my aan Ampie voorgestel het, en dat Ampie eintlik deur die Here geroep is, nog voordat ek hom geroep het.

 

Weet julle dat Ampie as ek reg is vir 2 jaar saam met my in Ben Viljoen op skool was en dat ek hom nie daar geken het nie? Ek weet hoe hy gelyk het, maar het nooit met hom gepraat nie.

Ek het Ampie op St Lucia ontmoet, by die meer wat ‘n geskiedkundige deel van my lewe uitmaak. Die Here het my lewe die eerste keer daar gered... en ek jok nie, Hy het my uit die see uit gehaal en ek het as ek dit moet beskryf verdrink, en op die kant uitgespoel... daar was ‘n paar minute wat ek tot vandag nie weet wat gebeur het nie.

St Lucia

 

Ek skryf so bietie oor St Lucia... dit is ons faveroute plek in die land, en as ek dit eendag regkry, sal ek graag daar wil aftree. Daar mag van julle wees wat nog nie die plek besoek het nie. Om alles in perspektief te sien, het ek besluit om selfs lugfotos en ‘n kaart oor die plek te publish.

 

Ek het al daarna verwys dat ek as kind geleer het om nie bang te wees nie... ek was selfs onverskuldig in my optredes deur nie bang te wees nie. Mense moes my nooit gedare het, of iets nie.

 

My eerste ontmoeting met Jesus het eintlik begin op ‘n dag toe ek nog jonger as 16 was. My ouer broer het my gevra om oor die St Lucia meer te swem, om my stiefpa se boot aan die ander kant van die meer te gaan haal...

 

.

Nou vir die van julle wat nog nooit daar was nie, ek het probeer om images te kry, om julle darm so bietjie van ‘n prentjie te gee oor hoe mal ek was....

 

Hierdie is ‘n wilde plek... hier jaag die seekoeie die houtkoppe! Dit is verseker nie ‘n plek vir pissies nie!

 

Ek plaas die kaart op die website met ‘n Rooi balon pointer wat aandui waar die jetty was waar mens in die verlede bote kon launch, en dan waar my stief pa se boot was met ‘n pers pointer.

Ampie sal dalk kan onthou, 'n mens kon nie van die jettie se kant af direk by die strand uitkom nie. Jy was geforseer om deur die dorp te ry, en dan ‘n ompad van so +- 9 km te ry om by die strand uit te kom.

1/4

Ek en my boetie was by die jetty (rooi merker) toe hy my vra om gou oor die meer te swem en net gou die boot te gaan haal.

 

Hierdie kaart is dalk opgetrek ‘n hele paar jaar later. Die meer was op ‘n stadium toe, wat beteken dat die meer nie direk meer in die see in geloop het nie. Die kaart wys sulke wit gedeeltes wat die sand duine was tydens die periode wat die mond nie met die see verbind was nie.

 

Die dag toe my boetie my gevra het, was die mond oop. Die see strome het direk in die mond ingeloop, en dit was gevaarlik. Op daardie stadium het die see stroom in die rivier ingeloop. Die getui was besig om te stuig.

 

Ek sou indien ek direk probeer oor swem het deur die stroom tot op die draai van die meer gesleep gewees het. Op die draai het al die grotes altyd gelê... en hulle het TANDE!

 

So ek besluit toe om al lanks die meer af direk strand toe te hardloop en te swem. Dit is moerasse en daar is poele wat ek moes deur swem om op die ou end by die strand aan die linkerkant van die meer uit te kom.  Dit was ‘n hele end soontoe. Ek was alreeds moeg toe ek by die strand uitkom.

My ridenasie was, as ek in die see in swem, en dan later regs in die see swem, dan sal ek vanuit die see die ander kant van die meer uit swem.

 

Dit klink maklik.... maar dit was toe nie.

 

My broer het vir my gesê: “Jy is mos nie ‘n pissie nie.... jy sê mos altyd jy is sterk... nou toe, gaan haal gou die boot”.

 

Hy wou my nie met die bakkie deur die dorp vat nie. Toe besluit ek, stuff jou, ek sal swem.

 

Ek was seker so 100 meter in die see in, toe hoor ek hoe die wild bewaarders op die strand vir my skree!... Hulle was natuurlik nie dik vaan die lag nie...

 

Die see strome in so ‘n rivier mond is natuurlik nie jou maaitjie nie. Ek het in die middel van die swem net opgegee en ek het toe wakker geword aan die ander kant... ek het op die strand gelê en sout water uit my longe kots...

Weet julle wat was die ergste... toe my stief pa en sy broer tot by my loop, my net so ‘n kyk gee, en toe die boot vat en terug ry oor die meer sonder om my saam te vat...

 

Ek het net daar op die kant gesit... moeg.

 

Die St Lucia wild bewaarders het my met hulle boot kom haal en natuurlik baie raas gegee... hulle wou weet of ek nie van krokidile weet nie, en of ek nie haaie ken nie.... Natuurlik het ek geweet, maar soos ek gesê het, ek was nooit as kind bang nie.

 

Ek vertel julle die storie, nie omdat ek iets wil bewys nie... nie dat ek julle wil die idee gee dat ek dom is of iets nie... My bereidwiligheid om tussen krokodille te swem het ek as 15 jarige seun begin doen. Ek het eendag op Groblersdal by ‘n Polisie taakmag oom gehoor van taakmag mense wat tussen krokodille geswem het in Mosambiek om bomme op bote te plaas. Hy het my vertel dat krokodille nie sal aanval nie, veral nie in winter maande nie. Die gebeurtenis was in die Oktober vakansie... ek het maar 'n kans gevat. Julle sal bietjie later lees oor van my kinder dae. Julle sal dan begryp hoekom ek sulke dinge soos die sou aanvang.

Ek het dan ook in die Olifants rivier by Grobersdal dan altyd my vriende gedare om in die rivier te swem. Daar was ‘n gat met krokodille in en ons het dan gekyk wie sal inspring as ons stroom op die krokodile op ‘n klip bank tel.  Ons het van so 6 krokodille geweet in die gat. Die ou wat inspring as ons die minste krokodille op die klip bank tel wen dan die middag se kompetisie.

Ek was dus nie bang vir krokodille nie... ek was bang vir die seekoeie. Dit is hoekom ek in die see in wou swem... maar ek moet ook herken dat ek dit nie nou sal aanbeveel vir kinders nie.

 

Ek het vir Ampie en Adele by St Lucia ontmoet.... dit is waar die Here hulle heen gestuur het. Dit is die plek waar Ampie se lang en moeilike pad saam met my begin het.... as ek nie met sekerheid geweet het dat Ampie ‘n kind van God is nie, sou ek nie eers die skrywe gedoen het nie. Ek wonder party keer of hy nie die dag wat sy lewens pad myne gekruis het verwens nie....

 

Ek het Ampie in die Desember ontmoet tydens die tydperk wat ons so in die kantoor vir selfs weke om die boardroom tafel gesit en bid het...

 

Ek het nie met Ampie tydens Desember oor Autofirst gepraat nie... Ek het eendag toe ek en Hannes hulle bid die gevoel gekry om hom te bel en te vertel van ons groepie wat uitreik na ander mense en hulp soek.... Ek wou weet of hy dalk van mense weet wat ook ‘n Christelike taak sou wou heelp doen.

Ampie het my genooi om met Kobus hulle te kom gesels.... Ampie het nie nodig gehad om so iets te doen nie... Ampie is ‘n man wat God gebruik. Nou soos julle almal weet, ek het op daardie stadium nie eers geweet wat eintlik op ons wag nie.... Ek het gedink dat die Autofirst sagteware die projek is wat ons moet doen. Min het ons geweet dat die “first” maar net deel is van die eerste stap. Hannes Versfeld het die naam “Autofirst” vir ons gegee. Hy het gevoel die Here het die naam aan hom geopenbaar. Die "first" gedeelte het nie vir my heeltemal sin gemaak nie... Julle mag dalk onthou dat ons op ‘n stadium nadat ons die 7 de boek uitgebring het die boek A1 wou brand. Ek het altyd gedink ons moet soos Auto Seller gebruik of iets... Die "First" het nie mooi ingepas nie, maar Hannes het daarop aangedring. In elk geval, Hannes leef tot vandag baie na aan Jesus.... Hy glo vas die Here praat gereeld met hom.

Ampie het al sy nek uitgesteek om my te help. Adel is Ampie se vrou. Sy het ook al van haar kant af meer gedoen as wat mens van enige egpaar kan verwag.

Ek sal dus alles in my vermoë doen om die twee mense eendag buitensporig te vergoed. Ampie & Adel, dankie vir alles wat julle doen... woorde kan nie ons dankbaarheid omskryf nie.

© 2015 Home Care

Impairment Homecare NPC 2015/393733/08