top of page

Notable donators

Storms en geloof

Julle almal weet dat ons die projek begin het, vanuit die Autofirst projek...

 

Dit is belangrik om alles in perspektief te sien en te verstaan. Julle moet weet dat ons eintlik ‘n klein span was wat selfs in Autofirst se begin dae, soms vir weke aan een in die board room gesit en bid het...  Ons het die Here aangeroep en aan Hom beloof dat ons iets groots sal doen... dat ons iets Godeliks sal doen. As die Here ons sal dra.....

 

Ek wil vir julle iets vertel... iets wat almal reeds weet. Ons almal ken die Bybel. Ons almal weet van baie gelykenisse. Hierdie projek as jy dit in perspektief sien, is ‘n toonbeeld van baie gebeurtenisse wat ook in die Bybel na verwys word...

Julle weet nie dalk hoe baie vir die projek gebid word nie... en hoe baie al gebid is in die verlede nie. Ek wil bv. vertel van Oom Flip (Etienne se oom) wat saam met my by Autofirst gewerk het. Oom Flip het baie keer as hy die Autofirst boeke by die printers gaan optel het, en dit in sy Volkswagen stassie wa rond gery het om by verskillende punte af te lewer vir Autofirst, dan het hy die bakkie soms langs die snelweg gestop. Dan het hy agter in die kar ingeklim, en dan et hy Gebid.... dan het hy gebid dat die Here die Autofirst projek moet Seën.... Oom Flip bid nou nog vir ons... Oom Flip as julle hom dalk ken, is een van die mense wat ek van weet wat baie naby aan God beweeg.

 

Dit was oom Flip se gebede wat gemaak het dat ek in Autofirst altyd als probeer doen het om die Goddelike taak af te handel.

Op linkerkant is 'n foto van Oom Flip.. daar is van julle mense wat hom dalk nie ken nie. Ek is regtig baie lief vir die oom.

Ek weet dat as mens goed vir God wil doen, dat jy verseker die STORMS moet face.... jy kan nie bekostig om bang te wees nie. Ons moet projekte aanpak wat min mense sal aanpak. Ons moet die storms in die see trotseer, soos manne wat sonder vrees lewe.

As ek aan die projek dink, dan kan ek dit vergelyk met Jesus wat sy disipples op die see uitgeneem het, waar die storm hulle bang gemaak het. Ek word soms baie bang... al is dit iets wat ek nooit was nie. Ek weet net dat die Here wel in beheer bly, al lyk dit soms donker.    

 

Daar is ook verse in die Bybel wat Jesus praat oor talente... Hoe die persoon wat sy talent begrawe het om dit te beskerm eintlik gestraf sal word. Daardie gedeelte dryf my en pla my. Ek weet dat die Here my die talent gegee het om probleme op te los... ek weet dat sekere mense dalk failure in my aksies sien, maar ek weet dat in die Here se oë, dit alles behalwe failure is.

Niks wat ons al geprogrammeer het gaan nie gebruik word nie.... Die Here wou net nie gehad het dat ons in die mark funksioneer sonder dat alles wat ons belowe het om te doen, nie gedoen kan word nie....

Hierdie projek is so eronies.... daar is mense wat lief is vir die Here, wat saam met my om die tafel gebid het en die Here gesmeek het, en wat van my beste skool vriende is, wat my verlaat het.

 

Hannes Versfeld, vir wie ek verskriklik respek het, het altyd vir my gebid... Hy was bv. die persoon wat eendag vir my toe ek namens Autofirst met IX in Umhlanga ondehandel het gesê het dat hy ‘n Visieon gesien het. Hy vertel my hy sien my in ‘n Boardroom sit, saam met mense. Hy sien my hande is spier wit... Hy sien hoe die mense die deur van die Boardroom toemaak. Asof ek nooit sal kan uitkom nie. Hy sien hoe ek die deur se skaniere aan die onderkant probeer lig....

 

Later het Hannes vir my gese hy dink die Visioen was eintlik op Mertech groep van toepassing...

 

Hannes was baie kwaad vir my, omrede ek die Autofisrt launch gedoen het met die besluit om die Toyota Hilux bakkie te gee in die begin van die projek.... Hy het gevoel ons moes dit onttrek. Hy het eintlik daarna by Autofirst pad gegee.

Hannes ken een eienskap van my nie... dit is dat ek nooit teen my woord sal gaan nie. Ek het die mense van RNA op daardie stadium, maande voor ons die Autofirst code gelaunch het, verduidelik dat ons die versspreiding van die boeke in winkels in, sal dryf met ;n kompetisie..... ek het my woord gegee, en dit is baie werd in my oë.

Die Here het my as kind iets geleer.... moenie bang wees nie, hou by jou woord. Ek en Hannes gesels redekik baie, nou nog. Ek het om eendag so jaar of wat gelede gesê, Hannes, ek is moeg... ek is moeg om vir hulp te vra... ek is moeg vir die projek.

 

Weet julle wat, die nag kry ek ‘n SMS van hom af... dit was ‘n LANG sms. Die sms het gegaan oor hou op... begin oor met jou eie lewe. Jy kan nie jou gesin so opvoeter nie... alles wat ek nie verwag het nie.

 

Ek weet Hannes is kwaad vir my oor die Autofirst besluit... ek weet hy is teleurgesteld oordat sy vrou hm gelos het, en hier is Tanya nog steeds by my, al kry sy swaar soos wat geen vrou dit ooit verdien nie. Ek neem Hannnes nie kwalik vir sy SMS nie.... ek verstaan sy omstandighede.

bottom of page