top of page

Notable donators

Wage Payment Software  

 

Die wage payment software is die begin van die laaste gedeelte van die projek....

 

Die voordeel is dat ons met die huidige platform wat ek reeds klaar het, kan begin om finansieel onafhanklik te werk.

 

Ek het regtig na alle moontlike metodes gesoek om nie vir hulp te vra nie... en ek vra julle om asseblief die gedeelte oor die sagteware te lees. Ook moet julle na die tyd vir my “Pledges” gee. Die Pledges behels dat julle asb julle eie kruideniersware deur die platform koop, totdat ek die 251 gesinne wat ons nou regmaak voor se kruideniersware administreer.

 

Ek wil julle baie nou betrek.. Die rede hiervoor is dat as ons as span saamwerk, dan kan ons die grootste taak ooit afhandel.

 

Ek het nou al hoeveel keer daarna verwys dat ek in Autofirst ‘n groot fout gemaak het... ek het gelaunch sonder dat goed reg was...

 

Mense, hier kan ons nie ‘n fout bekostig nie... Asseblief, luister na my woorde... verstaan dat ek al die moeite doen om julle op die regte page te plaas. As 5 individuee gaan ek julle raad vra, julle hulp vra, en dit beteken nie noodwendig geld vra nie...

 

Ek kan nie die Goddelike taak op my eie skouers dra nie... Ek gee aan julle ALLE inligting en julle gee daarvolgens advies. Ons is op die berg se kruin... ek moet safety toue span en julle is hier nodig!

 

Ek wil eers alles rondom die wage payment softwware bespreek, en dan gaan ek ook tegniese aspekte bespreek. Julle moet weet dat daar nog nooit so iets was nie, en dat ons op die oop see is... in die storm. Julle moet help soos wat Jesus die see kalm gemaak het om die boot ook op kalm see water te kry.

 

Desember se omskakeling

Alles in my lewe gebeur in Desember maande... miskien omdat ek so lief is vir Jesus... ek weet nie.

Ek het altyd oor Kerstyd, al werk ek baue kere dan, ‘n baie diepe gebeds verhouding met Jesus.

 

Ek was bly dat ek nie die Desember weer hoev op te gegaan Gauteng toe nie. Laas Desember was disasterus met my hand ongeluk en alles....

 

Ek het laas jaar, toe ons met kinder beskerming kontak gemaak het, baie gebid en die Here gevra asseblief.... gee leiding.

 

Julle moet weet hoe mal dit eintlik klink... Ek kan nie eers dit regkry om die Homecare projek te launch, wat net na frail care mense moet omsien nie... Hier gee ek my woord dat ek kinderbeskerming sal help.... As gewone mense die page sal lees, sal hulle seker nou nog lê soos hulle lag!

 

Gelukkig is ek nie ‘n gewone mens nie! Ek WEET julle is ook nie.

 

Ek ken God.... ek weet dat om Sy Naam hoog te kry, en om mense wat my kritiseer se bekke stil te kry, sal God my die pad wys.

 

Julle moet onthou, ek het voordat ek vir Bettie hulle gesien het, eers gekyk om Spar in te kry, sodat ek die kos gedeelte kon inkry as anker inkomstes vir pasiënte.

 

Laas jaar, was absoluut in my lewe die moeilikste jaar..... Dit was die jaar wat ons alles verloor het... alles ook verkoop het net vir kos. Waar ons op die grond geslaap het in die kampterein... waar ek op ‘n stadium tussen moffies moes gaan bly.... waar ek so gebid het dat die Here assebief moet aarde toe kom.... dat alles kan stop.

 

Ek het probeer om goed te implemteer wat mense nie werkik wil gebruik nie.... dit is die papier vouchers wat mense moes print om koffie te kry by restaurante.

 

Ek moet julle eerlik sê, ek kon nie dadelik die “inches” connect nie.

 

Ek het op ‘n stadium gedink ek word mal... ek sou myself in Weskoppies inboek as ek in Pta was.

 

Ek kan dit vir niemand anders vertel nie... die Here is groot. Hy kon my dra en ek dink Hy het, omrede Hy my Geloof getoets het.

 

As ek weer na die Bybel mag verwys, glo ek dit verwys na die boek van Job... Ek was ook op die asgate.

 

Na alles, kon ek begin regkom met Spar.... En dit was ook nie wat die Here wou gehad het nie. Ek wou net ‘n 105 Sparre inkry en by hulle kos koop vir Frail care mense....

 

Weereens, God is GROOT... Hy sal nooit my toelaat om aan te gaan as ek klein bly dink nie... dit reflekteer nie God nie.

 

In Desember het ek vir Charl Fourie gaan sien by Pick n Pay...

bottom of page