top of page
main screen display_2.jpg

NASP-SA

Sekuriteit

Die Homecare span ontwikkel een van die mees gevorderde sekuriteit platforms wat gebruik gaan word om buitelanders te beskerm wanneer hulle in Suid Afrika kom vakansie hou.

 

Die projek behels dan dat ons na sekuriteit van Suid Afrikaners ook moet kyk. 

 

Ons wil van die groter geweld misdade bekamp. Ons ontwikkel foon tegnologie waar ons selfs die risikos van voertuig kapings wil beveg. Hierdie sagteware wat ons ontwikkel stel foon gebruikers in staat om fotos van hul voertuie te neem en om die fotos op die app te sit.

 

Mense kan dan net aandui met watter voertuig hulle nou wil ry (as hulle meer as een voertuig besit) en hulle kan dan met travel maps na hul bestemmings ry. Sou hulle dalk sien dat 'n kaping kan gebeur, dan kan hulle vinnig die stress button druk wat ons in staat stel om die voertuig se fotos op die netwerk te versprei, en die fotos by Privaat sekuriteits maatskappye se voertuie uit te kry, sodat die voertuig moontlik vas gekeer kan word.

 

Ander foon gebruikers in die omgewing kan ook indien hulle die voertuig dalk sien, sonder om hulleself in gevaar te stel, net merk waar hulle die voertuig sien beweeg of dalk staan. Dit sal veroorsaak dat voertuig kapings al hoe minder suksesvol sal raak, soos die getal fone in die land wat die app ondersteun vermeerder.

 

Ons gebruik Aura vir die integrasie na die privaat sekuriteits Mpye. 

Die Homecare span is die eerste IT groep wat so 'n aksie plan opstel om voertuie deel van persoonlike veiligheid te maak. Ons doen dit eintlik om die Voertuig verhuring Mpye soos Avis, Eurocar en ander te help. Die besigheids plan behels dat ons die buitelanders sodra hulle voertuie huur, op 'n app kan kry om met hulle kontak te hou en hulle te beveilig. (Julle sal ook op die  CVO skole se bladsye lees van interaksie met restaurante en blanke besighede)

 

Die uitdaging waaraan ons werk is dat Aura mense in dorpe en stede gebruik, Die Aura Map sal vir julle wys waar in die land ons orals Privaat sekuriteits mense kan vra om buitelanders te help.  https://coverage.aura.services/

Die Homecare span beplan eintlik al lankal aan moontlikhede om saam met die landbou sektor te werk. (Ons sou op 'n latere stadium met Agri SA wou vergader, maar die kontak met TLU is dalk vir ons beter, omrede ons glo dat die ander belange wat ons na wil kyk nie noodwendig met Agri SA gedeel moet word nie)

 

Ons plan is om baie energie in te sit om toerisme na lodges op wilds plase te bevorder. (Nie net na die Kruger Wildtuin toe nie). Dit beteken dan dat ons na sekuriteit rondom die buitelanders regoor die land moet kyk. 

 

Ons plan was nog altyd dat ons wil inskakel met die plaaslike boere regoor die land, dat indien 'n buitelander hulp nodig kry, dat die boere hul sal help.

Ons vertrou dat ons besigheids plan baie voordelig vir TLU sal wees in 'n vennootskap. Ons help hulle om na hul lede se veiligheid om te sien.

Om mee te begin, dit is uiters belangrik dat die boere in die land gehelp word, sonder dat hulle moet betaal vir die sekuriteit ondersteuning, Ons moet vir hulle tegnologie beskikbaar stel wat eintlik deur mense in stede en dorpe befonds word. Ons aksie plan dat Retail Mpye op die ou end vir almal se sekuriteit betaal maak ons 'n baie unike opsie en 'n goeie vennoot vir TLU.

 

Ek is van mening dat ons eintlik goeie IT kennis het en gebruik. Ek glo nie die regering sal die vermoë hê om ontwikkeling te doen wat ons doen nie. Die meeste blanke senior programeerders het reeds die land verlaat.

 

Ons kan nou aan tegnologie werk in samewerking met mense in die landbou sektor. (Dit gaan nie net om die boere te beskerm nie, maar ook al die mense wat plase besoek en ondersteun in die landbou sektor. Mense wie gifstowwe en sulke dienste aan boere verskaf)

 

Die weg spring plek sal wees om die App wat ons ontwikkel so bietjie aan te pas, sodat ons spesifiek vir die boere 'n oplossing kan gee. 

Ons besef natuurlik dat boere in hul plaaslike gebiede alles moontlik doen om mekaar te help. Hulle gebruik meestal Whats App groepe en maak ook van radios gebruik om kontak te hou. Ons beplan  nie dat mense die huidige tegnologie nie gebruik nie, maar om wel die Enjoy SA tegnologie net nog addisioneel by te voeg om beveiliging aan te help.

 

Ons verduidelik ook aanTLU se bestuur en nou aan die kerke se bestuur hoe ons 'n oplossing kan aanbied, deur eers die moontlike tekortkominge te bespreek soos ons dit sien.

 

In die eerste plek, mense in die landbou sektor ry soms baie lang distansies vir hul werk. (Ons verwys nie net na die boere nie, maar ook die mense wat in die industrie werk).

 

Boere self mag dalk met hul trokke markte toe ry om produkte af te laai.

 

Dit gebeur dan so dat 'n boer of ander persoon in die industrie in grond gebiede in beweeg waar die persoon nie al die mense wie in die onmiddelike omgewing woon persoonlik ken of dadelik kan kontak nie.

 

Die kaart en sirkels wat ons publiseer sal die bespreking beter verduidelik:

RadiusmediaPlase.jpg
Zone A:

Die Enjoy SA app sal indien moontlik, eers Privaat sekuriteits mense kontak indien buitelanders of mense in die landbou sektor in nood verkeer. In die voorbeeld gebruik ons Mokopane. (Aura is nog besig om die netwerk te vergroot, en het in ander dorpe naby reeds Privaat sekuriteits Mpye. Maar nog nie in Mokopane nie)

 

In elk geval, wanneer Aura iemand vinniger as ons kan stuur, sal die Privaat sekuriteits mense eerste gekontak word. Die mense is reeds gewapen en kan dadelik reageer.

 

Zone B:

Hier gebruik ons Moepel as voorbeeld. In die Moepel area sal daar reeds boere wees wie mekaar ondersteun. Hulle sal reeds in veiligheids zones werk met bestaande tegnologie. Ons plan is om mense wie nou in die area in beweeg, mense wie die boere van Moepel area nie ken nie, te help indien hulle goedgekeur is om beskerming in nood te kry. Wat ons hier bedoel is ons sal slegs buitelanders (mense wie ons weet op vakansie is en wie na plase beweeg in die toerisme sektor, asook rolspelers in die landbou sektor) beskerm deur die nood boodskap na die boere in die opvangs area te stuur.

 

Zone C:

Lephalale is hier ;n voorbeeld. Die grond gebied waarin die boere mekaar dalk hier ondersteun kan dalk groter wees as in ander areas. Ons probeer eintlik maar net verduidelik dat boere in kleiner sektore werk, maar dat kontak met ander zones belangrik is wanneer mense in die landbou industrie oor die land beweeg. Boere vanuit die Wes Kaap kan baie keer deur areas in die Noord wes of ander provinsies beweeg.

 

Veiligheids aspekte:

Dit is natuurlik op die oomblik onmoontlik om elke boer in die land se kontak nommers op jou foon te hê. Wanneer mense in nood verkeer, kan jy nie ook tyd spandeer om eers nommers te soek nie. 'n Mens moet dadelik 'n punnic button druk en die tegnologie moet die regte mense die naaste aan jou vra om jou by te staan, al is jy in 'n gebied in die land waar jy nie die mense persoonlik ken nie.

 

So iets sal slegs moontlik wees indien een data basis struktuur gebruik word. Dit is vir hierdie rede dat ons 'n besigheids plan moet opstel waar die boere nie direk vir die ondersteuning betaal nie. Dit moet verniet vir die industrie wees.

 

Verder moet ons ook data dra wat dit vir die boere veilig maak om mekaar te help. So ons moet spesifieke goed programeer om dit veilig te maak.

 

Ons begin bv. deur die boere toe te laat om hulself op hul plase te registreer. Die boer en sy gesin moet aparte fotos van hulself op hul fone opstel, asook fotos van alle bakkies, trokke en ander voertuie wat dalk gesteel kan word. Die app is nie net vir voertuig kapings nie, as die boer by sy opstal agter kom 'n bakkie of iets is gesteel, dan stuur hy met behulp van een knoppie die fotos van die voertuig uit na mense op die netwerk, wat dan insluit mense wat in die omliggende dorpe woon.

 

Daar is nie tyd om later eers fotos te soek van die bakkie nie. As alles klaar opgestel is sal dit moontlik wees om baie van die mense vas te trek nog voordat die voertuig ver van die plaas af is.

 

Daar moet ook 'n proses bestuur word waar ander boere in die omgewing bevestig dat die boer wat homself en sy gesin op die Enjoy SA app opstel, wel in die omgewing boer. (Jy kan nie net jouself as 'n boer registreer en dan verwag boere moet na jou omsien as jy in gevaar verkeer in die omgewings rondom die boere nie)

 

Die volgende kaart sal verduidelik:

RadiusmediaPlaseopstel.jpg

Ons plan is om vir TLU 'n web interface te programeer wat gebruik sal word om die boere te help. (Dit sal die verhouding van die organisasie met die boere gemeenskap baie versterk)

 

Mense in die landbou sektor sal op die web interface kan inlog en hulself as mense in die landbou sektor registreer. Die foon gebruiker sal ook dan sy/haar persoonlike foto kan opsit.

 

Voordat ons aanvaar dat die persoon wel op die plaas woon/werk, moet minstens 3 mense in die omgewing wie reeds deur die netwerk aanvaar is, die persoon goedkeur. Die tegnologie sal self met die mense in die omgewing kommunikeer en hulle moet op hul apps die bevestiging doen.

 

In die voorbeeld het ons vir Linda Venter wie aansoek doen. Gerhard Botha en Solomon Ntubani moet aan hulle kant instem dat Linda op die plaas woon wat sy aandui.

 

Nadat die proses afgehandel is, sal Linda regoor die land gehelp word as sy in die landbou gebied beweeg.

 

Ons sal ook seker maak dat mense wie in die bedryf werk deur die TLU website moet registreer (mense wat bv, gifstowwe, implemente en goed verkoop). Boere met wie hierdie mense werk, wat reeds goed gekeur is, moet dan bevestig dat ons na hulle sekuriteit moet kyk.

Indien enige persoon dan in nood verkeer, sal die App 'n boodskap push na fone van ander boere in die omgewing. Die inligting sal die boere help om dadelik die persoon in nood te bereik. Die inligting sal bv. 'n pindrop insluit met fotos van die persoon sodat die boere wat reageer nie by mense opdaag wie hulle nie moet probeer help nie.

 

Die kontak nommer en die plaas/organisasie waar die persoon betrokke is se inligting word ook saam gestuur. Verder sal die boer wie reageer ook dadelik die foon kan bel. Die telefoon nommer sal beskikbaar wees en kan dadelik gebel word sonder om nommers op fone in te tik. 

Punnic Button aktiveer voor en agter kamera van foon:

 

Ons ontwikkel ook die app op so 'n basis dat die kamera dadelik fotos neem van alles wat gebeur terwyl die nood hulp geplaas word. Mense sal dalk heeltyd op die punnic button druk en ons kan ook verwag dat indien kinders fone het, dat hulle ook hul buttons sal begin druk.

 

Ons het so bietjie na videos gekyk wat ons 'n aanduiding kan gee oor wat op so 'n aanval moontlik kan gebeur. Ons plaas ook 'n link vir mense om self te kyk.

 

Die plan is om al die fotos wat ons kan insamel, dadelik saam met die stress call na fone in die omgewing te stuur. Die boere wat nader kom om te help moet soveel inligting moontlik dadelik kry, sodat hulle voorbereid sal wees vir wat op hulle wag.

 

Ons vertrou ook dat indien hierdie ondersteunings diens later in die land baie bekend sal wees, sal dit die mense wie die plase aanval moontlik so bietjie de-motiveer. 

 

Dit is nie altyd moontlik om mense (boere en familie lede) heeltemal onkant te vang nie. Die wete dat fotos van hulle dadelik ingesamel word wat dan later hopenlik deur die polisie en moontlik dalk deur privaat organisasies gebruik sal word om hulle op te spoor, kan dalk help om die aantal plaas aanvalle minder te maak.

 

Ons berei ons self voor dat ons dalk later vreeslike erge fotos sal stoor. Julle sal ook sien dat ons die akkurate tyd en die Geo- kode van waar die fotos geneem word stoor, sodat ons dit vir die polisie sal kan deurgee. Ons wil net alles moontlik doen om sover moontlik foon tegnologie te gebruik om ons boere te help.

Ons vertrou regtig dat die aksie plan om een sentrale databasis op te stel, waar alle mense betrokke in die landou industrie mekaar help, vir TLU 'n groot voordeel kan inhou. Die lede betrokke by TLU sal hierdie diens hoog op prys stel.

 

Ons dink ook dat die projek op die lang duur 'n deeglike verslag sal kan gee oor wat regtig op die plase aangaan. Die mense wie reageer op die nood roepe sal sodra hulle by die persoon opdaag 'n kort verslag kan gee aan die app. Ons sal kan bepaal hoeveel geweld misdade plaas vind wat dan natuurlik insluit die lelike ding rondom plaas moorde.

 

TLU en die belanghebbendes wie met die regering stoei oor plaas moorde sal inligting met bewys stukke tot hul beskikking hê. Ons dink selfs daaraan dat mense wie by plaas tonele opdaag dan 'n verslag met fotos sal kan opstuur na die server. Hulle kan dan ook inligting soos die SAP saaknommer instoor.

 

Hierdie tipe inligting sal dan net aan die regte mense met die bemagtiging om dit te ontvang beskikbaar gestel word.

main screen display_boere.jpg
bottom of page