top of page

Homecare doneerders & boere

Geld & politiek

Die plan waaraan ons werk is om beveiliging in swart woon gebiede ook te doen. Die grootste wapen wat benodig word om die oorlog te wen is finansiële ondersteuning, en ons moet dus geld vanuit die swart bevolking kan genereer. Dit gaan miljoene kos om landbou beveiliging effektief te doen. Ons gaan op die volgende bladsy bevondsing in meer detail bespreek. Ek wil op hierdie bladsye verduidelik watter tegnologie ons skryf, om die gemeenskap waar die aanvallers meestal wil weg kruip, te betrek om plaas aanvallers uit te haal. 

Die plan waaraan ons werk is om beveiliging in swart woon gebiede ook te doen. Dit is belangrik om te onthou dat daar baie goedhartige swart mense ook in die land woon. Hierdie projek gaan die Homecare Foundation dus direk in die politieke partye se fokus plaas. Ek het vroër genoem dat hierdie Homecare Foundation een van die hoogste bome in die land gaan wees. Onthou asseblief, hierdie is God se Foundation. Dit sal nie moontlik wees om landbou te help, as ons dit op 'n klein skaal wil doen nie.

Hierdie Homecare Foundation, plus die tegnologie wat ons gaan bestuur, gaan later baie druk op die ANC regering plaas. Ek praat op die volgende bladsy meer oor die waarheid wat geopenbaar moet word. (Ek glo dat God dit van ons verwag om die waarheid rondom plaas aanvalle aan die buiteland te openbaar.)

 

In elk geval, ons wil deur die Homecare projek 'n baie nouer verhouding met plaaslike polisie strukture opstel. Dit mag dalk so 'n bietjie belaglik klink, maar dit is tog moontlik. Alles kom maar net op beplanning neer.

 

Ek praat onder die verspreiding van app oor naastenby 2 000 mense (eiendoms agente ingesluit) wie gaan help. Die hoof fokus sal eers wees om kerke in gemeenskappe te besoek, en te reel dat die kerke hul mense inlig om die Enjoy SA applikasie te installeer. Dit beteken dus dat inwoners in Soweto, Thembisa, en ander swart woon gebiede, die uitnodiging sal ontvang. (Die uitnodiging gaan ook nie net oor hulle persoonlike veiligheid handel nie... ek praat later oor app funksies)

 

Ons stel 'n netwerk per woon gebied op wie die projek in hul areas bestuur. Die netwerk word hoofsaaklik deur een eiendoms prinsipaal, plus sy/haar agente asook 'n predikant bestuur. Daar sal ook verskeie ander mense (kinderbeskerming ensomeer) in die gemeenskap projek werk.

Hierdie projek is al vir so paar jaar in voorbereiding en ontwikkeling.

 

Ons het stelsles ontwikkel om bv. eiendoms agentskappe te help met hul besighede. Die doel is om so + 2 000 Ambassadeurs vir die Homecare Foundation nasionaal in plek te sit, wie die Foundation kan verteenwoordig in stede in dorpe.

 

Hierdie mense gaan balkies saam met hul naam platjies dra.

 

Hierdie bestuurs groep sal dan vir die polisie struktuur in hul gemeenskap verduidelik dat hierdie sagteware ontwikkel is om plaaslike poliesiering te vergemaklik. Onthou, die swart vrou wie nou moontlik aangerand word, kan ook op haar foon die pannic button gebruik, en fotos van voor en agter die foon word ook geneem en op die Homecare server gestoor. 

 

Ek het vroër verwys na die druk van die knoppie en hoe tegnies die knoppie is. Meeste IT maatskappye ontwikkel 'n foon applikasie wat dan deur duisende mense mense gebruik moet word. As ek nou die Project Help applikasie probeer verduidelik, dan het hulle een Help button, en die button doen presies dieselfde funksie vir elke persoon wie die applikasie op hul fone het.

 

In ons geval is dit nie so eenvoudig nie. Die kompleksiteit van die applikasie ontwikkeling het ook alles te doen met geld. Aura vra die Homecare Foundation 'n maandelikse fooi om die publiek te ondersteun. Dit is gebaseer op 'n glyskaal model, en is eers goedkoop/aanvaarbaar sodra ons meer as 50 000 mense ondersteun. Pryslys van Aura kostes:(Attached is a price list from Aura)

 

Ons wil bv. nie vir Aura geld gee om 'n boer te help nie. Die boere oor die algemeen help mekaar sonder vergoeding.

 

Lesers sal op die prys lys sien dat die kostes laag is, maar dat ons dan beperk sal wees tot gratis ondersteuning vir solank ons minder as 1% van die totale netwerk onder ons bestuur met privaat sekuriteit hulp per maand moet ondersteun. Sodra ons meer as 1% van die foon gebruikers moet help, moet ons 'n koste van R250 excluding VAT per nood oproep betaal om 'n privaat sekuriteit persoon na die Enjoy SA applikasie gebruiker te stuur. 

 

Aura is basies 'n organisasie wat amper soos 'n versekering maatskappy werk. Hulle probeer uit die klein bedraggie wat hulle inkry uit hopenlik duisende fone, die R250 per nood oproep betaal. Maatskappye soos Project Help sal op die glyskaal model 'n besigheid plan uitwerk waar hulle bv, R58 per foon gebruiker per maand faktureer, en hulle hoop dan natuurlik hulle netwerk sal nie te ver bokant 2% hulp benodig nie.

 

Hierdie finansiële koste model veroorsaak dan dat selfs Project Help nie regtig dienste binne swart woongebiedens wil aanbied nie. Dit is makliker om in gegoede woon gebiede mense te probeer nader om die R58 per maand te betaal (dis ook nou indien mense bereid sal wees) as om die risiko te loop om self finansieel vas te brand om minder gegoede mense te help. Mense met swakker inkomstes woon n areas waar gewelds misdaad hoog is, en hulp sal baie meer versoek word vanuit daardie spesifieke gemeenskap.

 

Hierdie pannic button wat ons programmeer is dus baie meer tegnies as wat op die oog af lyk. Waar project Help een applikasie het wat hulle hoop dalk 100 000 mense sal gebruik, programmeer ons een applikasie wat moontlik tot 5 miljoen mense moet help. In ons geval het elke individu 'n persoonlike profiel wat ons in gedagte moet hou.

 

Ons is nie van plan dat gegoede mense moet instaan om laer inkomste mense te help nie. Ons ontwikkel die sagteware so dat mense wie bv. in Moreleta Park (Pretoria Oos area) woon, as 'n gemeenskap op die projek ondersteun word. So ook sal mense wie in Soweto woon as 'n gemeenskap ondersteun word.

 

Vir onderstel ons het 200 inwoners in Moreletta Park as kliente, en 1 500 inwoners in Soweto. Ons sal elke maand 2 inwoners in Moreletta Park gratis help indien die mense onder nood gevaar verkeer. Die foon app sal die ander 200 mense op hoogte hou oor wie in hul klein gemeenskap op ons sagteware die hulp nodig gehad het. Foon gebruikers sal weet dit is 'n liefdadigheids organisasie wie betrokke is, en ons wil toegang vir almal moontlik maak, sonder dat enige persoon honderde rande moet spandeer.

 

Ons weet ook dat gegoede mense wie fisies in nood verkeer het, 80% van die tyd dan die R250 sal doneer aan die Homecare Foundation omrede ons betrokke was om hulle te help. So die Moreletta Park gemeenskap sal dan presies weet wat aangaan in hul area.

 

Nou het ons die 1 500 foon gebruikers in Soweto om te help. Die Pannic button, (wat baie meer kompleks is as wat mense verwag) sal anders optree vir die mense van Soweto. Ons sal bv net 30 mense van die 1500 inwoners se Nood oproepe kan deur stuur na die Privaat Sekuriteit mense. Daarna sal die Nood oproep moet deurgaan na die plaaslike Polisie mag, tensy die gemeenskap kan fondse insamel om privaat sekuriteit ondersteuning te kan finansier.

 

Ek wil nou verduidelik hoe die plaaslike politiek op die lang termyn beinvloed sal word.

 

Persoonlike beveiliging is 'n taak wat deur die regering bestuur moet word. Ons weet almal dat die huidige Polisie mag nie orals in die land effektief hul gemeenskappe diens nie.

 

Ons ontwikkel nou 'n baie gevorderde "911" sisteem om mense te help. Ons kan in die plaaslike gemeenskap dan die sisteem met die inwoners bespreek, juis vir die rede dat die plaaslike gemeenskap moet geld insamel indien die Polisie mag hulle te nakom.

 

Ons doelwit is om die tegnologie tot op die uiterste grense te "Push". Ons programmeer bv. vir die gastehuis industrie 'n funksie waardeur mense wie in die gastehuis geslaap het, 'n "service rating" vir die personeel individueel kan gee op die Enjoy SA applikasie, sodra hulle uitboek.

 

Ons kan later selfs daardie funksie in die projek plan implementeer waar mense wie die Polisie se hulp nodig gehad het, op hul foon applikasie die polisie beampte wie kom help het kan "rate".

 

Vir nou wil ek dit eers eenvoudige hou. Die gemeenskap bestuur spanne gaan met die verskillende polisie stasie bevelvoerders vergader en vra dat die polisie beamptes ook die Enjoy SA applikasie gebruik om hup te verleen sou 'n inwoner in persoonlike gevaar verkeer, en hulp word dringend benodig.

 

Ons sal in seker woon gebiede eers met dei stelsel kyk of daar nie dalk 'n polisie beampte beskikbaar sal wees om die nood oproep te ondersteun, voordat ons 'n privaat sekuriteit persoon se hulp roep nie.

 

Die gemeenskap leiers gaan verduidelik dat die sagteware ontwerp is om "crime" in die gemeenskap af te bring. Sagteware kan vinniger as 'n 10001 oproep bepaal wie dadelik kan hulp verleen. Ons kan ook met die sagteware die Polisie help om mense na wie hulle soek, op te spoor.

 

Ons weet dat die Polisie nie die versoek sal kan weier nie, want mense met invloed in die plaaslike gemeenskap reel dat die gemeenskap en die Polisie beter mekaar kan ondersteun.

 

Ons sal dan met die sagteware stelsel vir die gemeenskap leiers elke maand 'n waare verslag kan gee van presies watter hoeveelheid  ernstige noodgevalle dar was waar hul inwoners hulp gesoek het.

 

Die beplanning is dan om die stelsel se nasionale verslae vir die gemeenskap leiers te gee. Ons sal in die toekos kan aandui watter Polisie stasies se personeel meer effektief is as die res in die land.

 

Ons plan is om seker te maak dat opposisie politieke partye van ANC party, wie tans in beheer is van Munisipale gebiede, hard daarop fokus dat hul polisie stasies beter diens lewer as waar die ANC party regeer.

 

Ons sal ook doodseker maak dat gemeenskap leiers regoor die land elke maand sien hoe hulle plaaslike polisie stasie presteer tenoor ander polisie stasies. Ons sal kan bepaal hoeveel keer die polisie op die nood roep gereageer het, presies hoe lank dit hulle geneem het om op te daag en dalk later wat was die gemiddelde rating wat die stasie se personeel ontvang.

 

Sodra gemeenskap leiers in swakker polisie streke sien dat hulle baie keer geld moet insamel, sodat privaat mense die polisie se werk doen, sal hulle stelsel matig die mense in hul gemeenskap begin beinvloed om tydens plaaslike verkiesings dalk anders te stem.

Onthou, dit is die ANC regering se eie skuld dat hulle toegelaat het dat 'n organisasie soos die Homecare Foundation sagteware moet ontwikkel om plaas aanvalle te help bekamp. Lesers moet ook in gedagte hou dat die inwoners in swakker inkomste gebiede nie tand tegnologie het wat hulle kan gebruik om hulp te roep wanneer hulle dit nodig het nie.

 

Daar is natuurlik vreeslik baie meer geweld in sulke woon gebiede, en tans word die gevalle nie eers aangemeld nie. Ons verwag dat sodra mense wie by kerke betrokke is, die funksies begin gebruik, sal daar 'n vreeslike beeld van die probleem op die lappe kom. Ons weet ook dat die ANC regeerde streke nie almal ingestel is om hulle gemeenskap te help nie. Hierdie waarheid sal met 'n foon applikasie wat ons opstel om God te help 'n groot impak in die land toekoms inhou.

 
Rewards vir uitwys van mense wie deur Polisie gesoek word:

Finansiële ondersteuning om Reward programme te bestuur 

Ons ontwikkel spesifieke funksies om geweld misdaad in die land te bekamp. Die Polisie sal tans soms 'n "Reward" beskikbaar stel as hulle na mense soek.

Ons beplan dat die landbou sektor ook 'n goeie verhouding met hulle plaaslike polisie struktuur moet probeer reel.

Ons wil deur die streeks verteenwoordigers met Polisie reel dat indien hulle opsoek is na mense, dat die Enjoy SA applikasie gebruik kan word. Julle sal op die Media badsye lees oor Geo tracking tegnologie ontwerp word om mense in hul besighede te help. Ons gaan baie van "push notification tegnologie" gebruik maak.

Ons plan is om die polisie ook te help. Ons sal vir hulle in streke waar hulle vermoed mense is na wie hulle soek die "Reward" program bestuur, deur boodskappe na fone in die spesifieke gebied te stuur. Die beplanning is dat die Enjoy SA applikasie gebruiker sonder om hom/haar self onder risiko te plaas, net op die applikasie 'n knoppie te druk wanneer hulle die persoon naby hulle sien.

Ons sal dan vir die Polisie 'n geo-punt stuur met 'n tyd stamp waar die persoon gesien is. Foon gebruikers sal weet dat die kommuniksasie uiters konfidensie el gedoen word, en dat die persoon na wie gesoek word nooit sal weet watter Enjoy SA applikasie gebruiker die boodskap deur gestuur het nie.

 

Lesers moet onthou, ons moet geweld misdaad bekamp, selfs op swart mense. Die gemeenskap leiers sal dan in die toekoms die Polisie kan nader en ook vra dat indien hulle geld kan beskikbaar stel, om mense wie deur die Enjoy Sa applikasie afgeneem is terwyl die misdaad gebeur het, opgespoor kan word deur die Reward program. (Hulle wil mos graag in 'n baie goeie verhouding met die Polisie werk)

rewards.jpeg

Ons plan is om groot befondsing vir TLU SA te reel, sodat sulke projekte bestuur kan word. Ons is van mening dat baie van die plaas aanvalle gedoen word sonder dat die aanvallers gesig maskers dra. (Hulle is dalk arrogant en betree die plaas met die doel om te moor.)

 

Ons sal ook later in die projek gesig "recocnition" sagteware begin gebruik, om te kan bepaal watter oortreders is by meer as een aanval betrokke. Die beplanning sal wees om dan te reel dat die persoon op die Nasionale soek lys geplaas sal word, wat beteken ons stuur die foto nasionaal uit, en nie net in die streek nie.

 

Ons ontwikkel 'n diens, wat nog nooit in ons land se geskiedenis gelewer is nie. Lesers sal nou beter verstaan oor hoekom ons weet dat die stelsel waaraan ons werk, as 'n atoom bom gesien kan word. Ons moet die vermoëns skep om alle rasse te betrek, om sodoende plaas aanvalle te bekamp. Ons sal onder die Foon media gedeelte meer verduidelik oor hoekom miljoene Suid Afrikaners op die ou end die Enjoy Sa applikasie sal gebruik.

Informante om landelike beveiliging te help

Een van die grootste fokus punte is om deur kerke asook gemeenskap leiers in swart gebiede te werk om informante te kry wie sonder om hulself onder risiko te plaas, inligting kan deurgee indien hulle te hore kom van aanvalle wat beplan word.

Die foon media tegnologie word ontwikkel om mense in swart gebiede ook te help sodat hulle kan beter handel met die mense in hul omgewing. Ons is van mening dat daar verskeie swart mense is wie bereid sal wees om te help, veral omrede ons hulle vanuit 'n kerk struktuur help om meer geld te verdien.

Die wyse waarop foon tegnologie kan help, word bespreek later op die web blad.

Ons gaan ook baie energie insit in die ontwikkeling van die Enjoy SA game waar foon tegnologie teen Lotto gaan kompeteer. Die foon app sal ons in staat stel om 'n redelike groot bedrag beskikbaar te stel vir landelike veiligheid.

Ons wil deur die tegnologie mense finansieel vergoed indien hulle inligting deurgee wat daartoe lei dat aanvalle gestop kan word. Dit is meer 'n pro-aktiewe plan as om mense na die tyd te soek.

Ons het baie meer akkurate inligting wat gedeel kan word met veiligheid magte. Ons sal presies kan bepaal wie die inligting deurgee, met 'n foto van die informant, asook presies waar die foon was (Geo point) op die oomblik dat die inligting ingestuur word. Ons beplan om videos aan fone te stuur, wat opgeneem word deur die gemeenskap leiers. 

Die mense sal kan verduidelik dat hulle graag die land wil help red, en dat informante wie help se inligting beskerm sal word. Ons sal selfs dat die app vanself die informant se kommunikasie op die persoon se foon vanself skoon maak, sodat daar nie 'n bewys kan wees dat die spesifieke foon inligting deurgee nie. Dit is net aan die mense in landbou wie inligting mag ontvang, wat die rekords gestoor word. Die informante moet beskerm word.

Ons beplan ook bv, indien ons aan 'n informant R10 000 moet uitbetaal omrede aanvallers op die plaas ingewag is, dat ons sulke fondse oor bv. 'n 5 maande periode op die informant se kruideniers kaart sal laai, sodat daar nie 'n direkte verwysing aan geld gekoppel word nie.

Meer inligting oor die proses sal later aan aandeel houers verskaf word.

bottom of page