top of page

Homecare doneerders & boere

God se wapen

 

Ons weet dat in Suid Afrika, duisende mense hul oë op God plaas en vertrou dat Hy sal ingryp.

 

Ek weet ook dat mense wie die web-blad besoek mag dink maar julle is arrogant om te dink dat julle die oplossing kan wees. Ons is nie arrogant nie, maar ons werk al vir jare aan 'n projek plan waarin ander mense wie ook tot God vir genade smeek, gehelp moet word.

 

Dit is dus nie vir ons as IT span eers naastenby snaaks om in te sien hoe God ons nodig het nie. En ek moet op hierdie bladsy 'n paar punte uitwys hoekom ons weet dat God ons wil gebruik, asook hoe God 'n wapen opstel wat die ANC regering nie eers teen sal kan baklei nie.

 

Hierdie inligting word slegs met beperkte mense gedeel wie ons voel ons sal kan vertrou om inligting konfidensieel te hou. Ons deel dit nie eers met alle mense wie alreeds saam met ons werk op die projek nie.

Slegs God alleen kan ons mense red

Daar is na my mening net een kans om nou 'n aksie plan te implementeer wat die belange van Afrikaans sprekende mense sal help beskerm.

 

Ons sluit videos in vir die nuwe mense wie die bladsy vir die eerste keer besoek. (Kyk asb die videos deur)

Profiel van ons Doneerders

As ons kyk na die profiel van die doneerders wie die Homecare Foundation ondersteun, en die behoeftes van die mense, dan glo ons dit is die regte ding om te doen. Ouers en personeel by Hrdekool skool is deel van ons doneerders. Kyk asb gou na die video van Hardekool skool in Ellisras. Ons moet in belang van blanke Afrikaans sprekende mense op tree.

Inligting oor ons Staats President

​Ons kan ook na die feite oor President Cyril Ramaphosa kyk (video), dan het ons rede om te dink dat aksie planne om blanke mense te beskerm nou nogals belangrik sal wees.

Daar is geen twyfel in my hart dat ons boere in 'n oorlog binne in Suid Afrika betrokke is nie. Dit is nie net 'n politieke oorlog nie, maar ook 'n ekonomiese oorlog wat gevoer word teenoor blanke mense.

 

Die beste wapen vir so 'n oorlog is natuurlik om op God te vertrou.

 

En dit is in hierdie aspek wat ek net kortliks wil noem dat ek vas daaraan glo dat God vir my en die klein span mense wie saam met ons werk, wil gebruik in die oorlog wat teen blanke mense gevoer word. (God gebruik verskeie mense in die oorlog. Ons is maar net een gedeelte van die aksie plan om Suid Afrika te beskerm.)

 

Ons werk letterlik vir jare aan 'n aksie plan om na pasiënte by hul huise om te sien. God het die Homecare span in 2018 daarvan weerhou om 'n plan te implementeer waar ons uit gevorderde tydskrif tegnologie wat ons spesiaal ontwikkel het vir die projek, geld wou genereer om na pasiënte om te sien.

 

Ek weet dat God 'n baie klein projek op daardie stadium terug gehou het, want God weet wanneer Hy ons die nodigste sal kry. Die Covid 19 epidemie en die wyse waarop die ANC regering 2020 bestuur, maak dit nou vir ons baie duidelik hoekom God ons nie toegelaat het om die Homecare Foundation se funksies om na pasiënte om te sien, wou laat uitrol het nie.  Ek moet ook erken dat ons tydens die 2018 aksie plan met baie moeite dalk so R2 miljoen per maand sou kon genereer om pasiënte te befonds. 

 

Daar het baie addisionele tyd verloop sedert 2018. Ons kon deeglik navorsing doen in verskeie industries en kon 'n beter prentjie kry van wat presies geprogrameer moet word, om ons in staat te stel om naastenby R232 miljoen per maand te bestuur. Die grootste fokus punte is om die toerisme sektor te help met gevorderde tegnologie. Ons land verloor teveel geld na die buiteland, bloot omrede akkommodasie besprekings stelsels deur buitelandse maatskappye besit word. Ons kon ook aan 'n uitvoerbare plan werk om foon tegnologie te gebruik, sodat ons effektief teen die Nasionale Lotto organisasie sal kan kompeteer vir geld wat Lotto spelers tans in die ekonomie verloor.

 

Ons vertrou regtig daarop dat die Homecare span naastenby R60 miljoen per maand uit die ekonomie sal kan genereer om plaas sekuriteit te help befonds. Selfs hierdie geld wat ons kan genereer sal nie naastenby genoeg wees om sekuriteit op plase te befonds nie.

Ek glo ook dit sal moontlik wees om aksie planne te bestuur waarin ons later 'n groot klomp geld wat tans by Eskom op eindig sal kan gebruik om landelike beveiliging verder te befonds. Ek sal so bietjie later meer inligting gee oor hoe ons 'n aksie plan sal bestuur om boere te help om bv. meer op son krag staat te maak, sodat Eskom rekeninge kan verlaag. Ons beplan om selfs geld vanuit stedelinge te genereer, sodat boere (veral boere met besproeiing skemas) befonds kan word om son panele op te sit.

 

Ek vertrou ook dit sal in die toekoms moontlik wees om buitelandse fondse te onderhandel, sodra ons kan bewys dat die hulp om plase se produksie kostes af te bring, sodat beveiliging beter befonds kan word, prakties gedoen en bestuur kan word. Ek is van mening dat die oorlog baie duur gaan wees, maar ek glo dit kan gewen word. 

 

Die partye betrokke in die ANC regering wie grond hervorming wil af forseer weet dat hulle 'n baie groter kans tot sukses sal hê, indien boere weens vrees van die plase af pad gee. Lesers sal instem dat die ANC regering nooit ooit geld sal beskikbaar stel om landelike beveiliging te befonds nie. Ek dink ook nie hulle sal te breed glimlag indien hulle weet dat 'n aksie plan in plek gesit word om minder geld aan Eskom oor te betaal, sodat landelike beveiliging befonds kan word nie...

 

Ons kan nie as 'n land dit bekostig dat plase ontruim word nie. Ons hele ekonomie, asook voedsel sekerheid hang alles daarvan af dat ons die boere op die plase moet hou. As ons die oorlog ten opsigte van plaas aanvalle verloor, dan sal Suid Afrika binne 'n baie kort tydperk 'n tweede Zimbabwe word.

Die probleem is dat daar verskeie mense in Suid Afrika wat boer en nie die finansiële vermoëns het om duur kostes aan te gaan om hulself te beveilig nie. Dit help nie dat net seker boere wat wel finansieel sterk is, duur kostes kan aangaan om hulself te beskerm nie. Sodra die plase in die omgewing waar minder gegoede mense boer, begin leeg staan, sal dit die boere met geld ook beinvloed.

 

Landelike beveiliging gaan in die toekoms 'n hele paar miljoen Rand per maand kos. Ons sal eers later die werklike prentjie sien, maar ek dink nie dat dit minder as R200 miljoen per maand sal kos om beveiliging te versterk nie.

 

Die wete oor hoe belangrik dit is dat ons moet slaag in die proses om sagteware in plek te kry, maak dat ons soms nie slaap nie. Daar is soveel orgnisasies en mense wat daarop staat maak dat ons in die taak sal slaag.

Homecare Fondation as organisasie wat suksesvol gebruik sal kan word om fondse vanuit swart mense te genereer.

 

Ek dink dit is ook belangrik om lesers in te lig dat die Homecare Foundation binnekort 'n meer swart beeld in die publiek se oog sal wees. Dit sal baie moeilik wees om suksesvol geld te genereer, indien ons 'n beeld na buite dra dat ons slegs in blanke mense se belange optree.

 

Daar is 'n baie klein span mense wie werklik die doel van die projek verstaan. Die Homecare Foundation is 'n Non-Profit organisasie wat liefdadigheids werk gaan doen. Ons sal natuurlik mense van alle rasse en selfs geloof help wanneer dit kom by "Frail Care support"

 

Ons het ook besluit om swart mense te betrek op die direksie van die www.rsastay.com akkomodasie bespreking stelsel. (Ons direkteure by Homecare Foundation bly blank, en ons sal slegs media mense gebruik wat die beeld so bietjie meer swart maak. Dit is die direksie van die Homecare Foundation se verantwoordelikheid om geld te alokeer vir projekte wat ons as belangrik sien)

 

Lesers sal ook sien dat ons baie daarop konsentreer om sport mense van ander kleur te betrek, juis om die Homecare Foundation in die publiek se oog reg te posisioneer.

Ons moet 'n slim plan bestuur om die ANC regering uit te oorle. Die beste plan is om die Homecare Foundation as "front" organisasie te gebruik. 

 

Die ANC regering sal baie moeilik agterkom wat ons presies met geld doen wat ons genereer. Ons gaan verduidelik dat ons fokus op toerisme groei, en dat ons beveiliging van landelike gebiede doen, bloot omrede lodges op plase ook is.

 

TLU SA sal meer in die media bekend wees oor die aksie planne om plase te beveilig. Ons ontwikkel die nodige tegnologie asook besigheid planne om geld vanuit publiek te genereer vir landelike beveiliging.

 

Ons ontwikkel dan ook 'n sekuriteit stelsel wat elke persoon in die land kan help, swart, wit, bruin, maak nie saak nie.

 

Ons gaan juis baie energie insit om mense in lae inkomste gebiede te help sodat wanneer hulle in gevaar verkeer, dat hulle deur middel van die Enjoy SA applikasie ook privaat sekuriteit mense kan vra om te help.

 

Ons programeer stelsels sodat hierdie mense toegang tot so 'n diens kan ontvang, bloot deur 'n gedeelte van hul kruideniersware wat hulle by groot retail besighede aankoop, deur middel van die Enjoy SA app te koop.

 

Die probleem is dat privaat sekuriteit mense nie barmhartige samaritane is nie... Hulle lewer slegs 'n diens teen betaling. Dit is nie soos op plase waar daar 'n oorlog is waar boere mekaar sonder vergoeding moet help nie.

Ons moet dus stelsels programmeer waardeur Pick n Pay, Spar, die Shoprit groep asook ander retail besighede die persoonlike beveiliging van mense kan befonds, mits hulle die Enjoy SA applikasie gebruik.

 

Ons gaan in die ANC regering se oog 'n organisasie wees wat na mense se belange omsien wie swaar kry. Ons gaan ook verduidelik dat ons die mense wil help om ook met die polisie in hul area kontak te maak, sou hulle hulp nodig kry en die privaat sekuriteit mense is nie naby genoeg om ook gou hulp aan te bied nie. Ons ontwikkel die Enjoy SA applikasie om in veiligheid om te sien van alle inwoners in Suid Afrika.

Dit sal vir die ANC regering uiters moeilik wees om die projek te blok.

 

Ons stel onsself so op dat dit nie kan gebeur nie. Hulle sal nooit vir Suid Afrikaners kan verduidelik hoekom hulle nie mense wil toegang gee tot 'n applikasie wat tot die land se voordeel is nie. 

 

Die landelike beveiliging is uiters noodsaaklik. Die beste stelsels ooit moet daarvoor ontwikkel word.

 

Ons het juis besluit om TLU Sa as 'n vennoot te betrek, sodat hulle die projek in die landbou sektor kan bestuur.

 

Dit mag snaaks klink, maar ons wil nie die Homecare Foundation in 'n politieke struktuur plaas waar ons geklasisfiseer kan word as 'n organisasie wat net na blanke mense se belange omsien nie. Ons sal nooit die plaas oorlog wen, sou dit so gedoen word nie.

Dit is nie moontlik om die landbou sektor in isolasie te help nie. Ons het foon applikasies op duisende mense se fone in dorpe en stede nodig. Ons moet geld uit ander foon gebruikers verdien om landbou beveiliging te befonds. Die effek hiervan sal wees dat die Homecare Foundation binne maande na ontwikkeling, die mees bekende organisasie in die land sal wees. Dit beteken elke ANC lid, van bo in hul struktuur tot onder, sal van die organisasie weet. Die organisasie sal meer bekend wees as CANCA. https://cansa.org.za/

Ek bespreek later op die volgende bladsy verskillend maatskappye wat beveiliging wil doen. Nie een van daardie maatskappye sal hulself so kan posissioneer dat die regering hulle nie sal aanvat indien hulle landelike beveiliging wil befonds nie. Die Homecare Foundation gaan een van die hoë bome in de land wees. Ons gaan verseker 'n klomp oë op ons kry.

Dit is bitter min mense wat toegang kry tot hierdie skrywe, wie die prentjie in geheel sien.  

 

TLU SA gaan ook baie nou saam met ons werk tydens die Beta toets periode, om seker te maak ons ontwikkel die regte tegnologie benodig, om ons landelike gebiede te beveilig. 

 

Dan laastens, President Cyril Ramaphosa en sy kabinet is dalk slim... maar hulle besef nie dat ons blanke Afrikaans sprekende mense ook slim kan wees nie. In my persoonlike opinie dink ek nie hulle besef dat God in beheer is van die land nie.

 

As ek reg is met my opinie dat daar 'n ekonomiese asook politieke oorlog is teenoor blanke mense, dan wil ek graag se dat indien ons ons oë op God hou, dat daar geen rede tot vrees moet wees nie. 

 
Ander organisasies en ons hoofdoel

 

Hierdie projek het soveel ander fokus punte wat ons net kortliks wil noem. Lesers sal dalk 'n beter prentjie kry oor hoekom ons se dat ons die beste kans staan om landelike beveiliging te befonds, as julle kan insien dat hierdie projek eintlik opgestel word om mense wie daagliks tot God bid, te help.

 

Ek weet in my binneste dat God ons wil gebruik, want Hy gebruik ons reeds om ander probleme ook aan te spreek.

 

Ek publiseer ook een video van Hanno Fourie. Die meeste mense het die persepsie dat Frail Care support op ou mense van toepassing is. Ons werk al vir jare aan die projek, en ek wil net noem dat baie jonger mans en selfs kinders Motor Neuron siektes kry.

 

Daar is ook selfs klein babatjies wat ons hulp nodig het. Ek wil net vir lesers noem dat hierdie projek soms groot uitdagings op my en van ons span lede se gemoed toestande geplaas het. Om vir jare lank aan tegnologie te werk, met die wete van hoe belangrik die suksesvolle uitrol van sulke tegnologie sal wees, kon 'n mens emosioneel soms baie uitput.

 

Ons kan regtig nie meer langer wag vir Desember nie. Die einde is nou baie naby. Ons behoort Januarie 2021 oporasioneel te wees. Dan sal die Homecare Foundation oor nag een van die bekendste organisasies in die land word.

 

Ek het gereeld wanneer ek moeg is vir die projek, myself geforseer om na Hanno se video te kyk. Sodra ek die video klaar gekyk het, dan kon ek myself motiveer om te sê, wees vir eens net dankbaar... Wees ook net dankbaar dat God aan jou en jou span 'n taak toevertrou. Daar is kinders wat nooit ooit 'n geleentheid sal ontvang om 'n verskil in ander se lewens te maak nie... Hanno het die geleentheid gehad, want hy kon as klein kind ons span mense motiveer om aan te hou en om uit te hou, al was die druk partykeer so erg dat mens net wou ophou..

 

Ek wil afsluit deur te vra dat julle asseblief tyd op die web-bladsye te spandeer. Ons bespreek verskeie belangrike punte, veral goed wat ons weet nie huidiglik gedoen kan word nie, omrede daar nie tegnologie daarvoor bestaan nie.

Please watch Hanno's video
bottom of page