top of page

Notable donators

Mount Everest

Ek probeer ‘n metode soek om julle te verduidelik hoe die pad voel.... dit voel of ons Mount Eversest klim... en dit is nie maklik nie.

 

Uit ‘n Geestelike oogpunt weet ek dat die laaste klim gewoonlik deur min mense onderneem word. Daar is ‘n groot support spaan wat saam met die klimmers klim tot op “base camp”... van daar af is dit gewoonlik net ‘n klein groepie wat die laaste poging aanwend...

 

In hierdie projek, is dit dan ook die  geval. Daar is mense wat saam met ons (ek Tanya en julle) geklim het... wat ook maandeliks as ek hulp geroep het gehelp het.. dan is daar van die mense wat openlik gevra het dat ek hulle asb nie moet vra vir hulp nie... dit beteken nie dat hulle nie waardevol is of was tot die projek nie... dit beteken net dat die Here gevoel het dat ek hulle moet los.

 

Julle sal sien dat Martin Ferreira gevra het om asb nie meer gepla te word nie. Martin soos julle weet is ‘n groot Christen... iemand vir wie ek lief is en baie respek voor het. Martin het my net gevra dat ek asb net iets kleins moet gou doen, sodat ek na my gesin kan kyk.

 

Op hierdie noot het Danie ook al gevra om nie betrokke te wees nie... En soos julle weet, sal ek nie mense vra om te help as dit dan ook so in die gees aan my verduidelik word nie. Danie het darm uit sy eie weer aangebied om te help. Ek sluit vir Danie in in die komunikasie, omrede ek voel die Here moet deur my ook aan hom verduidelik dat die projek nou na einde se kant staan.

 

Tanya het al vir my gevra... hoe kan ek dit regkry om onder sulke omstandighede mense hulp te vra.. en ek het vir haar verduidelik. Daar is mense wat die Here lief het bo alles... daar is mense wat die Heilige Gees in hul liggame het. Ek en Tanya bid amper elke aand vir die mense wat ons help... ons bid dat die Here die mense moet beskerm en die mense in hul harte gerus moet stel.

​​

Ek het vir Tanya gese, hierdie 5 mense sal alles in hul vermoëns doen om te help, solank hulle net weet wat aangaan, solank hulle net kan insien dat die Here hulle roep, solank ons alles in ons vermoëns doen om billik teenoor almal te wees, solank die mense sien dat ons niks vir eie gewin wil doen nie, maar iets wat opgedra word aan die Here.

Hierdie skrywe is belangrik, want ons klim Mount Everest... ek is op die oomblik gou besig om die laaste “Safety” clips in ‘n rots in te slaan, sodat ons nie van die berg afval nie...

 

Ek en Tanya gooi alles wat ons het in om die projek af te handel. As die 5 mense wat ek nou vra om saam te werk, alles weet, alles in hul vermoëns doen om te help, dan sal ons die kruin bereik... die 5 mense kan saam met ons op Mount Everest se top die Here bedank en loof.

bottom of page