top of page

Homecare doneerders & boere

Landelike beveiliging

Ek wil sommer dadelik weg spring met die volgende punt. Beveiliging applikasies is sekerlik een van die moeilikste projekte om uit te rol. Daar is verskeie maatskappye wat nou tegnologie in die veld probeer ontwikkel.

 

Sodra 'n maatskappy enigsins verwag dat die publiek vir beveiliging self moet betaal, is die maatskappy eintlik alreeds op die verloor pad.

 

Ek ken verskeie mense in die industrie, en weet van bestaande stelsels wat mense op die ou end probeer verniet uit deel het. Een voorbeeld is mySOS. https://mysos.co.za/index.php

Op die web blad sal hulle bv. se daar is meer as 100 000 Suid Afrikaners op hul platform. Die waarheid is natuurlik 'n ander prentjie. Ek ken die persoon wie die stelsel ontwikkel het.

 

Daar is verskeie opsies op die oomblik, met so paar nuwe rol spelers wie ook die mark wil betree. 

Om net na so 'n paar te verwys:

1) CASI

http://www.casi-app.com/

2) PROJECT HELP

http://projecthelp.co.za/

3) Namola

Die organisasie met die grootste getal gebruikers is Namola, wat deur Dial Direct Insurance vir lank gepromoveer was.

https://www.namola.com/

Namola is die enigste platform wat die publiek tot onlangs gratis kan gebruik, maar daar is 'n wesenlike verskil tussen Namola en die ander opsies. Die Namola platform het hoofsaaklik van "Volenteers" gebruik gemaak om op nood oproepe te reageer. Ek het verneem van mense dat Namola nou ook privaat sekuriteit mense wil betrek, en indien dit dan so sal wees, sal hulle 'n befondsing model moet begin bestuur.

Nie een van die bogenoemde opsies kan gebruik word om buitelander wie hier kom vakansie hou te ondersteun nie. Gastehuis eienaars kan nie hul kliente vra om 'n sukiriteit applikasie op hul fone te installeer nie...  Al die bogenoemde applikasies se media skep 'n negatiewe beeld. (Click gerus op die links bo en sien watter visuele beeld die buitelander sal sien, wanneer hy/sy bv. die Project Help applikasie moet installeer. Dit sal die boodskap na die buiteland stuur dat ons bekommerd is oor veiligheid.... Ons is, maar ons mag dit nie herken nie.)

 

Ons ontwikkel dus die Enjoy SA applikasie, wat meer bekend al wees as 'n "Tripadvisor" wat baie meer gevorderd is vir ons eie toerisme sektor. Op die applikasie het ons maar 'n gedeelte wat na beveiliging kyk.

 

Verder kan ons ook nie op volenteers staat maak indien daar gewapende mense is wie binne 'n korter tyd by 'n buitelander kan uitkom wie in gevaar verkeer nie.

 

Ek wil dus vroeg genoeg vir lesers verduidelik dat ons nie net goed ontwikkel, net vir die plesier daarvan nie. Ons weet presies watter uitdagings voorlê. Ons verduidelik op die laaste bladsy dat ons reg moet maak om minstens 400 000 foon applikasies te help. As ons nie die uitdagings verstaan nie, sal ons die projek onder groot risiko plaas.

 

Ons media gaan handel oor "Enjoy SA". Ons gaan basies vir mense sê, dat ons regtig hoop dat hulle nooit ooit van die sekuriteit funksie hoev gebruik te maak nie. Dit is iets wat ons uiters goed ontwikkel, maar wat ons regtig hoop nie gebruik hoev te word nie.

 

Mense in die landbou gemeenskap sal baie maklik die applikasie installeer, veral as hulle presies weet wat alles gedoen kan word om hulle risikos te verminder.

 

Mense in stede en dorpe is so moeg vir ons land se swak polisieering. Maar ten spyte daarvan, wil mense nie regtig heeltyd dink aan hoe gevaarlik dit kan wees nie, hoe mens onder stress in die land moet leef nie.

 

Lesers moet dit alles in gedagte hou, wanneer hulle 'n ingeligte besluit moet neem.

 

Hierdie applikasie wat ons vir die land ontwikkel, gaan weens ander redes gebruik word.

 

Dit help ook glad nie 'n maatskappy ontwikkel sagteware vir landbou sektor, en kan glad nie die res van die land se inwoners betrek nie. Boere kan nie in isolasie die oorlog voer nie.

 

Ek verduidelik so bietjie later hoe fone buite die landbou sektor gebruik moet word in die oorlog.

 

Ek wil ook net noem dat IT maatskappye baie keer oor haastig goed ontwikkel, net om tegnologie in plek te kry wat geld kan genereer. Dit sal ook nie die oplossing wees nie.

 

Die Amerikaners het eers laat in die 2de wereld oorlog die Big Boy atoombom ontwikkel. Miljoene mense het eers hulle lewens verloor, voordat hulle in daardie tyd tegnologie in plek kon kry om 'n oorlog te wen.

Ons ontwikkel 'n atoombom vir die landbou sektor. Dit beteken dat 'n applikasie met 'n knoppie om te druk alleenlik nie genoeg sal wees nie. Ons het 4 maande nodig, nadat ons al vir jare ander stelsels ook in plek gesit het, om reg te maak vir die oorlog. En dan sal ons seker vir 'n jaar, of dalk tot 2 jaar nog moet ontwikkel aan ander stelsels om die oorlog finaal te wen.

 

Glo my, hierdie oorlog sal nie verloor word nie.

Die videos asook die addisionele inligting sal reeds vir lesers verduidelik wat gedoen moet word, en hoekom geen bestaande stelsel net gekoop of gehuur kan word om landbou effektief te help nie. 

Die Homecare span is die eerste IT groep wat so 'n aksie plan opstel om voertuie deel van persoonlike veiligheid te maak. Ons doen dit eintlik om die Voertuig verhuring Mpye soos Avis, Eurocar en ander te help. Die besigheids plan behels dat ons die buitelanders sodra hulle voertuie huur, op 'n app kan kry om met hulle kontak te hou en hulle te beveilig. Ons gaan ook voertuig kapings in stede en dorpe beveg. Ons bespreek later op die bladsy hoe landbou sektor gehelp sal word.

 

Die uitdaging waaraan ons werk is dat Aura privaat sekuriteits mense in dorpe en stede gebruik, Die Aura Map sal vir lesers wys waar in die land ons orals privaat sekuriteits mense kan vra om buitelanders te help.  https://coverage.aura.services/

Ons plan is om baie energie in te sit om toerisme na lodges op wilds plase te bevorder. (Nie net na die Kruger Wildtuin toe nie). Dit beteken dan dat ons na sekuriteit rondom die buitelanders regoor die land moet kyk. 

Dit is uiters belangrik dat die boere in die land gehelp word, sonder dat hulle moet betaal vir die sekuriteit ondersteuning, Ons moet vir hulle tegnologie beskikbaar stel wat eintlik deur mense in stede en dorpe befonds word. Ons aksie plan dat Retail Mpye op die ou end vir almal se sekuriteit betaal maak ons 'n baie unike opsie.

 

Ek is van mening dat ons eintlik goeie IT kennis het en gebruik. Ek glo nie die ANC regering sal die vermoë hê om ontwikkeling te doen wat ons doen nie. Die meeste blanke senior programeerders het reeds die land verlaat weens diskriminasie teen blankes in werks plekke.

 

Ons kan nou aan tegnologie werk in samewerking met mense in die landbou sektor. (Dit gaan nie net om die boere te beskerm nie, maar ook al die mense wat plase besoek en ondersteun in die landbou sektor. Mense wie gifstowwe en sulke dienste aan boere verskaf)

Ons besef natuurlik dat boere in hul plaaslike gebiede alles moontlik doen om mekaar te help. Hulle gebruik meestal Whats App groepe en maak ook van radios gebruik om kontak te hou. Ons beplan  nie dat mense die huidige tegnologie moet stop om te gebruik nie, maar om wel die Enjoy SA tegnologie net nog addisioneel by te voeg om beveiliging aan te help.

 

Ons het baie navorsing gedoen, en ek wil eers net vir lesers 'n paar tekortkominge verduidelik:

In die eerste plek, mense in die landbou sektor ry soms baie lang distansies vir hul werk. (Ons verwys nie net na die boere nie, maar ook die mense wat in die industrie werk).

Boere self mag dalk met hul trokke markte toe ry om produkte af te laai.

 

Dit gebeur dan so dat 'n boer of ander persoon in die industrie in grond gebiede in beweeg waar die persoon nie al die mense wat in die onmiddelike omgewing woon persoonlik ken of dadelik kan kontak nie. Boere bevind hulself ook gereeld in stede. Die boer kan bv. in Pretoria terwyl hy mark toe ry met produkte skielik hulp nodig kry. Die boer moet dan binne minute privaat sekuriteits mense by hom kry om hulp te verleen, sou dit benodig word. 

 

Die kaart en sirkels wat ons publiseer sal die bespreking beter verduidelik:

RadiusmediaPlase.jpg
Zone A:

Die Enjoy SA app sal indien moontlik, eers Privaat sekuriteits mense kontak indien buitelanders of mense in die landbou sektor in nood verkeer. In die voorbeeld gebruik ons Mokopane. (Aura is nog besig om die netwerk te vergroot, en het in ander dorpe naby reeds Privaat sekuriteits Mpye. Maar nog nie in Mokopane nie)

 

In elk geval, wanneer Aura iemand vinniger as ons kan stuur, sal die Privaat sekuriteits mense eerste gekontak word. Die mense is reeds gewapen en kan dadelik reageer.

 

Zone B:

Hier gebruik ons Moepel as voorbeeld. In die Moepel area sal daar reeds boere wees wie mekaar ondersteun. Hulle sal reeds in veiligheids zones werk met bestaande tegnologie. Ons plan is om mense wie nou in die area in beweeg, mense wie die boere van Moepel area nie ken nie, te help indien hulle goedgekeur is om beskerming in nood te kry. Wat ons hier bedoel is ons sal slegs buitelanders (mense wie ons weet op vakansie is en wie na plase beweeg in die toerisme sektor, asook rolspelers in die landbou sektor) beskerm deur die nood boodskap na die boere in die opvangs area te stuur.

 

Zone C:

Lephalale is hier 'n voorbeeld. Die grond gebied waarin die boere mekaar dalk hier ondersteun kan dalk groter wees as in ander areas. Ons probeer eintlik maar net verduidelik dat boere in kleiner sektore werk, maar dat kontak met ander zones belangrik is wanneer mense in die landbou industrie oor die land beweeg. Boere vanuit die Wes Kaap kan baie keer deur areas in die Noord wes of ander provinsies beweeg.

 

Veiligheids aspekte:

Dit is natuurlik op die oomblik onmoontlik om elke boer in die land se kontak nommers op jou foon te hê. Wanneer mense in nood verkeer, kan jy nie ook tyd spandeer om eers nommers te soek nie. 'n Mens moet dadelik 'n punnic button druk en die tegnologie moet die regte mense die naaste aan jou vra om jou by te staan, al is jy in 'n gebied in die land waar jy nie daardie plaaslike mense persoonlik ken nie.

 

So iets sal slegs moontlik wees indien een data basis struktuur gebruik word. Dit is vir hierdie rede dat ons 'n besigheids plan moet opstel waar die boere nie direk vir die ondersteuning betaal nie. Dit moet verniet vir die industrie wees.

 

Verder moet ons ook data dra wat dit vir die boere veilig maak om mekaar te help. So ons moet spesifieke goed programeer om dit veilig te maak.

 

Daar moet ook 'n proses bestuur word waar ander boere in die omgewing bevestig dat die boer wat homself en sy gesin op die Enjoy SA app opstel, wel in die omgewing boer. (Jy kan nie net jouself as 'n boer registreer en dan verwag boere moet na jou omsien as jy in gevaar verkeer in die omgewings rondom die boere nie)

 

Die volgende kaart sal verduidelik:

RadiusmediaPlaseopstel.jpg

Voordat ons aanvaar dat die persoon wel op die plaas woon/werk, moet minstens 3 mense in die omgewing wie reeds deur die netwerk aanvaar is, die persoon goedkeur. Die tegnologie sal self met die mense in die omgewing kommunikeer en hulle moet op hul apps die bevestiging doen.

TLU Sa en hul bestuur saam met hul lede sal die inisieele opstel doen. Dit sal dan die sagteware in staat stel om mense wie as boere registreer, te ondersteun. Dit sal belangrik wees dat mense wie eiendomme op plase huur (al bier hulle nie self nie) ook deur die proses gehelp word om landelike beveiliging te kan gebruik. 

 

In die voorbeeld het ons vir Linda Venter wie aansoek doen. Gerhard Botha en Solomon Ntubani moet aan hulle kant instem dat Linda op die plaas woon wat sy aandui.

 

Nadat die proses afgehandel is, sal Linda regoor die land gehelp word as sy in die landbou gebied beweeg.

 

Ons sal ook seker maak dat mense wie in die bedryf werk deur die TLU website moet registreer (mense wat bv, gifstowwe, implemente en goed verkoop). Boere met wie hierdie mense werk, wat reeds goed gekeur is, moet dan bevestig dat ons na hulle sekuriteit moet kyk.

Indien enige persoon dan in nood verkeer, sal die App 'n boodskap push na fone van ander boere in die omgewing. Die inligting sal die boere help om dadelik die persoon in nood te bereik. Die inligting sal bv. 'n pindrop insluit met fotos van die persoon sodat die boere wat reageer nie by mense opdaag wie hulle nie moet probeer help nie.

Ons begin bv. deur die boere toe te laat om hulself op hul plase te registreer. Die boer en sy gesin moet aparte fotos van hulself op hul fone opstel, asook fotos van alle bakkies, trokke en ander voertuie wat dalk gesteel kan word. Die app is nie net vir voertuig kapings nie, as die boer by sy opstal agter kom 'n bakkie of iets is gesteel, dan stuur hy met behulp van een knoppie die fotos van die voertuig uit na mense op die netwerk, wat dan insluit mense wat in die omliggende dorpe woon.

Die kontak nommer en die plaas/organisasie waar die persoon betrokke is se inligting word ook saam gestuur. Verder sal die boer wie reageer ook dadelik die foon kan bel. Die telefoon nommer sal beskikbaar wees en kan dadelik gebel word sonder om nommers op fone in te tik. 

Punnic Button aktiveer voor en agter kamera van foon:

 

Ons ontwikkel ook die app op so 'n basis dat die kamera dadelik fotos neem van alles wat gebeur terwyl die nood hulp geplaas word. Mense sal dalk heeltyd op die punnic button druk en ons kan ook verwag dat indien kinders fone het, dat hulle ook hul buttons sal begin druk.

 

Ons het so bietjie na videos gekyk wat ons 'n aanduiding kan gee oor wat op so 'n aanval moontlik kan gebeur. Ons plaas ook 'n link vir mense om self te kyk.

https://www.facebook.com/gerhard.nieuwoudt.1000/videos/729978444459199/

(The video is about the attack on Attie and Wilna Potgieter who were murdered on their farm in the Free State on 1 December 2010. Their two year old daughter Wilmien were also murdered. If you cannot open the link, please search for it on Facebook)  Ons sien dat Facebook klaar hierdie video geblok het. Dit is regtig jammer dat 'n klein dogtertjie ook haar lewe moes prys gee.

Die plan is om al die fotos wat ons kan insamel, dadelik saam met die stress call na fone in die omgewing te stuur. Die boere wat nader kom om te help moet soveel inligting moontlik dadelik kry, sodat hulle voorbereid sal wees vir wat op hulle wag.

 

Ons vertrou ook dat indien hierdie ondersteunings diens later in die land baie bekend sal wees, sal dit die mense wie die plase aanval moontlik so bietjie de-motiveer. 

 

Dit is nie altyd moontlik om mense (boere en familie lede) heeltemal onkant te vang nie. Die wete dat fotos van hulle dadelik ingesamel word wat dan later hopenlik deur die polisie en moontlik dalk deur privaat organisasies gebruik sal word om hulle op te spoor, kan dalk help om die aantal plaas aanvalle minder te maak.

 

Ons berei ons self voor dat ons dalk later vreeslike erge fotos sal stoor. Julle sal ook sien dat ons die akkurate tyd en die Geo- kode van waar die fotos geneem word stoor, sodat ons dit vir die polisie sal kan deurgee. Ons wil net alles moontlik doen om sover moontlik foon tegnologie te gebruik om ons boere te help.

main screen display_boere.jpg

Daar is natuurlik baie meer kompleksiteit aan die projek betrokke waaraan 'n leser dalk nie nou aan dink nie.

 

Daar is natuurlik baie meer kompleksiteit aan die projek betrokke waaraan 'n leser dalk nie nou aan dink nie   Ons kan bv. nie die fotos aan mense in die omgewing stuur wie nie sulke fotos behoort te sien nie. Daar sal baie keer kinders en vrouens op die buur plase wees wie dalk vir die naweek kom kuier het. Die fotos wat ons van plaas aanvalle neem, mag slegs aan fone gestuur word waar die foon gebruiker gelkasifiseer is as iemand wat bereid is om die aanvallers te help beveg.

Al die mense in die omgewing, selfs mense vanuit dorpe en stede wie net kom kuier het, moet die punnic button kan druk as hulp benodig word. Hulle is dan op daardie stadium in die middel van die geveg, so hulle fone sal fotos neem en stuur. Dit is net belangrik dat ons nie mense wie nie op die toneel betrokke is sal traumatiseer met fotos van aanvalle nie.

 

Ek het aan die begin van die bladsye reeds genoem dat ons alles deeglik ondersoek, voordat ons miljoene aan sagteware ontwikkeling spandeer:

 

Ek sluit hierby 'n video in wat Bennie van Zyl van TLU SA aan my gestuur het nadat ons hulle ontmoet het. Ek het van die funksies voor die tyd reeds geweet, en ek dink tog dit is ook belangrik om vir lesers alles mooi in konteks te plaas, om dan so te verduidelik hoekom ons baie moeilike programering moet doen om almal te help.

 

Hierdie video handel oor Samsung fone wat SOS messages kan stuur. Om weg te spring, die meeste Samsung foon gebruikers ken nie eers alle funksies van hul fone nie.

 

Die Samsung foon kan vir 2 mense 'n stress call stuur, met basies die funksies wat die kamera doen wat ons ontwikkel.

 

Ek moet nou vir lesers alles verduidelik. Die grootste moontlike probleem dis dat nie alle fone in die wereld so 'n diens het nie. Ons kan nie die hele land se mense motiveer om Samsung fone te koop nie.

Julle sal ook op die video mooi luister dat daar vir 2 mense 'n SOS en goed gestuur word. Nou om die praktiese tekortkoming te verduidelik wil ek 'n voorbeeld bespreek wat in praktyk kan gebeur.

Boer (Kobus) woon in Bloemfontein distrik. Nou stel hy 2 mense op sy foon op, wie hom moet help indien hy in die moeilikheid beland. Die 2 nommers is "pre-set" nommers. Dit sal heel waarskynlik sy vrou se nommer wees en dalk een buurman.

Nou kom die boer vir die dag n Groblersdal streek en skielik is daar moeilikheid. Dit sal letterlik nie baie help indien die boer SOS nie. Ja, die buurman en sy vrou gaan dadelik sien Kobus is in die moeilikheid. Hulle gaan selfs kan bepaal presies waar in Groblersdal hy is... maar wat nou? Wie moet hulle probeer opspoor om hulp te verleen? Hulle ken nie noodwendig die boere in die Groblersdal distrik nie? Hulle weet nie watter van daardie boere is naby genoeg aan Kobus op daardie oomblik nie.

 

Ek wil nou nog 'n praktiese punt noem. Met die tegnologie wat ons ontwikkel is daar dalk op daardie stadium binne 'n 5km radius van die boer af, 'n gif rep (Lourens) wat uit Durban opgekom het om kliente te sien. Lourens is op die sagteware opgestel as iemand wat hulp kan aanbied.

 

Met ons tegnologie is Lourens die eerste persoon wie bystand kan gee. Hy is die naaste. Die boere in Groblersdal distrik is dalk 10km weg. Om Kobus se lewe te red, moet ons die mees gevorderde tegnologie opstel. Dit mag wees dat daar 'n privaat sekuriteit persoon binne 6 km radius is. Almal word geroep, selfs boere meer as 10km ver, en dit moet dadelik gedoen word. Daar kan nie tyd verloop dat 'n persoon soos Kobus se vrou nou eers moet begin rond bel nie. Daar is nie tyd vir bel nie.

Ek wil ook hier net verduidelik hoe die sagteware struktuur wat ons ontwikkel eintlik baie tegnies is. Die meeste IT maatskappye sou Kobus se foon aan 'n tipe van streek kantoor in Groblersdal wou link. Om makliker sagteware te programeer, sal mense die zones waar beveiliging aangebied kan word, wil pre-identifiseer en dan fona aan die areas link. Indien ons sulke eenvoudige sagteware sou programeer, sou ons nie kon bepaal het dat Lourens (die gif rep) die naaste persoon is nie. Die sagteware wat ons ontwikkel koppel nie 'n foon aan 'n area nie. Die sagteware werk elke keer uit watter is die beste opsie op daardie stadium om die persoon in nood te help. 

Funksies van 'n koppie.

Ek moet vir lesers verduidelik dat die druk van die knoppie wat ek gou vir julle 'n screen shot van maak, is baie meer kompleks as wat op die oog af is.

 

Ek wil gou Aura weer verduidelik. Hulle is wat ons na verwys as 'n Back-end service provider. Hulle is belangrik vir ons, maar ook maar net in 'n klein mate.

 

Om vir julle die waarheid te sê, Aura ontwikkel nie eers 'n foon app vir beveiliging nie. (of kom ons sê die Front end gedeelte nie). Aura se bestuur besef sekerlik dat dit uiters moeilik is om mense te motiveer om 'n sekuriteit applikasie te installeer. Warren hulle het eerder besluit om 'n ndersteunings diens te wees vir ander "Apps". Aura sal bv. vir Momentum onderhandel en vir Momentum of Old Mutual vra om hulle personeel deur middel van die Momentum of Old Mutual applikasies te beskerm.

 

Ek dink nie Old Mutual sal bv. vir alle hulle kliente deur die Old Mutual applikasie beskerm nie. Die kostes daaraan verbonde is te veel. Die ander probleem is dat die meeste kommersiële foon applikasies nie ontwerp is om beveiliging te doen nie. Absa se bank app verskil van FNB se bank app. Al die apps word spesifiek geprogrammeer om ondersteunings dienste vir kliente te offer, en persoonlike sekuriteit is glad nie deel van die plan nie. Nerens op die apps is daar 'n ontwerp spasie waar 'n "Pannic button" vinnig gedruk kan word as die persoon in gevaar verkeer nie.

 

Alhoewel Warren hulle (Aura) 'n belangrike diens lewer, sal hulle nooit die land se sekuriteit dienste lewer sonder ons hulp nie. Ek verwys na die gedeelte, want ek wil bv. vir lesers uitwys dat Project Help die Aura platform gebruik om publiek te probeer help, teen 'n koste van R68 per maand. Project Help probeer dan nou 'n funksie aanbied wat meer sekuriteit gefokus behoort te wees, maar selfs hulle kry nie die nodige momentum om die land oor te neem nie. (Hoofsaaklik omrede hulle van die publiek verwag om vir so 'n diens te betaal)

 

Die meeste IT maatskappye soos Project Help sal die druk van die "Help" knoppie as 'n enkel funksie bestuur. Die druk van die knoppie sal dan direk deurskakel na Aura se server en Aura moet die ondersteunings diens namens hulle lewer.

advanced button.jpg

Ons programmeer baie intelegente sagteware. Die druk van hierdie oenskynlike simpel knoppie het baie meer besluite wat die sagteware moet bestuur. Ons gaan nie noodwendig Aura roep nie. Dit hang alles af van baie omstandig hede. Moet ons die boere roep, moet ons 'n kombinasie roep, en wat moet gebeur as die knoppie gedruk word? Moet ons fotos stuur? Na wie toe moet dit gestuur word?

 

Ek gaan so 'n bietjie later weer hierdie knoppie gesprek aanraak, spesifiek wanneer ek moet verduidelik hoe swart mense in gebiede regoor die land gehelp moet word.

Native programmeering

 

Ek moet ook hieroor so 'n bietjie inligting deurgee. Die video oor die Samsung foon stelsel kan slegs op alle tipe fone gedoen word, indien ons Native programering doen vir die Enjoy SA appliksie. Met Native programeering, moet die applikasie wat ons installeer, die foon se oporasionele sagteware beinvloed of bestuur. Baie foon fabrikate kan nie die SOS funksie verrig soos wat Samsung beskryf nie.

 

Ek het aan die begin van die web-bladsy genoem dat ons dalk meer as 4 maande sal nodig kry om die "Ultimate weapon" te programmeer.

 

Nie een van die foon applikasies wat julle self kan nagaan bied hierdie diens aan nie. Dit is dan ook waar dat fone baie keer "gelock" is wanneer foon vir 'n paar sekondes nie gebruik is nie. Dit beinvloed die spoed waarteen 'n persoon hulp kan aanvra.

 

Ons moet dus moeite doen om een van die knoppies op die hand stuk deel te maak van die nood roep.

 

Julle sal op al die verskillend maatskappye soos Casi, Namola en ander sien dat die maatskappye om hul eie tekortkominge te probeer oplos, pannic buttons probeer verkoop aan mense. Die pannic buttons kos meer as R1000.

 

'n Pannic button is ook nie werklik 'n oplossing nie. Die realiteit is mens het net 2 hande. Dit is werklik moeilik om altyd 'n pannic button saam met jou te dra, en nog 'n foon ook. Mense wie die pannic buttons koop vergeet baie keer die pannic by die huis.

 

Dit sal ook nie help vir plase om pannic buttons aan te hou nie. Dit kos te vel geld en is nie altyd bereikbaar deur mense wie kom kuier op die plaas nie. Die beste pannic button is wanneer die foon self in so 'n instrument verander kan word. Kinders en vrouens en ouma en oupa het almal fone by hulle.

 

Ons IT span is regtig goed, en ons moet selfs herken dat die Native programeering tyd sal opneem, maar ons weet dit kan gedoen word.

maxresdefault.jpg
panic button.jpg
Voertuig diefstal op plase

Ek wil hier verduidelik dat boere net baie meer voorberei behoort te leef. Ons weet van geval waar 'n plaas aangeval is, en die oortreders het die bakkie gesteel. Toe die bure by die plaas opdaag, het hulle meer as 3 ure gesukkel om 'n foto van die bakkie in die hande te kry, om die ander mense deur whatsapp in te lig.

Dit is 'n feit dat die oortreders bykans altyd die voertuie op die plaas steel nadat hulle die aanval gedoen het. Ons moet dus die mense wie aangeval word selfs in staat stel, om sommer terwyl hulle die nood knoppie druk, op daardie stadium ook die voertuig wat buite staan se knoppies ook te druk. 

.

Ons moet dit regtig onmoontlik maak vir die aanvallers om bakkies te steel. Die foon tegnologie moet binne sekondes die voertuie op die plaas op 'n netwerk versprei. Die netwerk moet inwoners in die dorpe rondom die plaas ook insluit. Die netwerk moet bestaan uit alle rasse mense, swart mense in dorpe en wie op plase woon ook ingesluit. Verder moet die fotos van die voertuig wat gesteel word ook mense wie die 200 km radius betree se fone bereik. Dit mag bv. wees dat 'n persoon vanuit die Kaap provinsie deur Groblersdal ry, en sy foon is nou in 'n 200 km radius van die plaas aanval. Selfs hierdie persoon kan gevra word om op die uitkyk te wees vir die gesteelde voertuig. (Hier begin ek verduidelik hoekom ons nie landbou in isolasie kan help nie)

Die oomblik wanneer daardie bakkie die plaas verlaat, sal die mense in 'n 200 km radius al op die uitkyk wees. Dit moet amper vir die aanvallers veiliger wees om te voet te vlug.

 

Daar is nie tyd om later eers fotos te soek van die bakkie nie. As alles klaar opgestel is sal dit moontlik wees om baie van die mense vas te trek nog voordat die voertuig ver van die plaas af is.

 

Lesers moet ook onthou dat hierdie inligting baie vinnig in die swart gemeenskap sal versprei. Aanvallers sal binnekort weet dat dit te gevaarlik sal wees om die bakkie te steel. Dit sal wees soos om 'n teiken op jou agterstewe te verf en te sê kom skiet my maar.

 

Dit sal maak dat aanvallers dalk eerder te voet wil vlug. En hier sal hulle dan die oorlog begin verloor. Sodra die landelike beveiliging goed befonds is, sal boere en privaat magte die mense kan opspoor.

Ek wil ook net noem dat hierdie sagteware ontwkkeling nie alleenlik gedoen word om plaas aanvalle te bekamp nie. Die sagteware sal ook gebruik kan word, bloot om voertuig diefstal op plase te help bekamp. Dit gebeur dikwels dat die mense nie aangeval word nie, maar dat voertuie deur die nag gesteel word. So die boer kan dan net in die oggend as hy sien iets is gesteel, die knoppie op die foon druk, en almal in die omgewing weet daarvan.

 

Dan moet ek ook nom dat ons in detail alles beplan. Sou dit gebeur dat 'n boer en sy gesin ontvoer word en hulle kon om een of ander rede nie die voertuig knoppies druk nie, dan sal die mense wie die plaas nader (kom ons se die bure) die vermoë hê om terwyl hulle op die boer se plaas is, gou hul profiel tydelik op hul fone te verander en dan die boer se profiel te download.

 

Die buurman sal dan dadelik die boer se pannic button van sy voertuig druk, sodat die inligting oor die voertuig binne sekondes deur die netwerk versprei kan word. Dit is regtig 'n baie goed beplande stelsel waaraan ons werk.

Wapens

Mnr. Henry Geldenhuys het tydens 'n vergadering vir ons gevra om 'n afdeling oor wapens wat op plase aangehou word ook in te sluit in die ontwikeling van die Enjoy SA applikasie. Ons ontwikkel spesifieke afdelings om landelike beveiliging effektief te maak.

Volgens Henry is daar in hulle streek 'n reling waar slegs 2 mense in hul groep inligting het oor al die plase en die wapens op die plase. Die inligting word benodig vir wanneer 'n plaas aanval gedoen is, en die betreeders is weg met wapens wat hulle gesteel het.

Ons moet met die foon applikasie dit moontlik maak om die mense wie na die betreeders soek, inligting te gee oor watter wapens moontlik gesteel kan wees. Daar is plase met  semi-automatiese wapens en die boere wie moet hulp aanbied moet weet watter vuurwapens die betreeders dalk het nadat hulle die plaas aangeval het.

gunschoices-1.jpg

Die inligting oor wapens sal net soos inligting oor voertuie baie veilig gestoor word. Dit sal met niemand gedeel word nie, en sal slegs gebruik word wanneer die inligting deur gemagtigde partye benodig word. Dit is net goed om alle inligting dadelik met die druk van 'n knoppie te kry in geval waar mense aangeval word.

bottom of page